Geoff Makhubo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Geoff Makhubo
Geoff Makhubo
Makhubo in 2019

Ampsbekleër
Termynaanvang
4 Desember 2019
Voorafgegaan deur Herman Mashaba

Streeksvoorsitter van die ANC in Johannesburg
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Julie 2018
Voorafgegaan deur Parks Tau

Persoonlike besonderhede
Gebore Moloantoa Geoffrey Makhubo
8 Februarie 1968 (1968-02-08) (52 jaar oud)
Soweto, Transvaal, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress

Moloantoa Geoffrey "Geoff" Makhubo (gebore 8 Februarie 1968) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die huidige burgemeester van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit. Makhubo is 'n lid van die African National Congress en die party se streeksvoorsitter in Johannesburg. Hy was die lid van die burgemeesterskomitee vir finansies onder die burgemeesterskap van Parks Tau.

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Makhubo is op 8 Februarie 1968 in Soweto in die vorige Transvaal provinsie gebore. In 1990 het hy 'n BComm-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Hy het ook talle gevorderde bestuurskursusse voltooi.

Makhubo het as lid van die burgemeesterskomitee vir finansies onder die burgemeesterskap van Parks Tau gedien. Die ANC het in 2016 beheer van die metropolitaanse munisipaliteit verloor. Makhubo was die ANC se streekstesourier voordat hy in Julie 2018 as die streeksvoorsitter verkies is.[1] Ná die bedanking van Parks Tau in Mei 2019, is Makhubo as die ANC se nuwe koukusleier in raad verkies.

Op 28 November 2019 het die ANC aangekondig dat Makhubo hul burgemeesterskandidaat is. Dit volg nadat die DA se Herman Mashaba uit die amp bedank het.[2] Hy is verkies as burgemeester op 4 Desember 2019 nadat hy 137 uit 268 stemme ontvang het. Die DA se Funzela Ngobeni het 101 stemme gekry, terwyl die EFF se Musa Novela 30 stemme gekry het.[3] Makhubo word van bedrog, korrupsie en geldwassery beskuldig.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Mdhluli, Nomsa (1 Julie 2018). "Goeffrey Makhubo elected ANC's regional chair In Johannesburg". SABC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  2. Cornelissen, Christel (28 November 2019). "Steeds geen nuwe burgemeester vir Jhb". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  3. "ANC regeer weer in Johannesburg". Maroela Media. 4 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  4. Comrie, Susan (6 Desember 2018). "Geoff Makhubo, Jo'burg ANC leader, scored millions from City contract". The Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]