Gerard Grobler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gerard Grobler (5 Augustus 1960) is 'n onafhanklike uitgewer en koerantredakteur.

Hy was die uitgewer en eienaar van die onafhanklike plattelandse weekblad Tempo, wat op 11 September 2008 die eerste keer verskyn het ná sy vorige koerant, die Swartland en Weskus Herald, die week vantevore opgehou bestaan het. In 2009 het die koerant weer laasgenoemde naam aangeneem.

Hy is tans (2016) die uitgewer van die onafhanklike Overstrand Herald op Kleinmond, wat hy en sy vrou, Ilna, 20 jaar gelede tot stand gebring het. Hy bedryf ook die webtuiste, overstrandherald.co.za,