Gereformeerde kerk Senekal
Gereformeerde Kerk Senekal | ||
Sluit in | Senekal Marquard | |
Klassis | Noord-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | Vakant | |
Belydende lidmate | 8 (2019) | |
Dooplidmate | 0 (2019) | |
Adres | De Villiersstraat 1 Senekal | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1961 | |
Afgestig van | Ficksburg | |
Eerste predikant | J.H. Venter 1961–1966 | |
Datum ontbind | 1 Maart 2020 | |
Ingelyf by | Onbekend |
Die Gereformeerde kerk Senekal was die 13de oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 2015, toe hier 42 belydende en sewe dooplidmate was, was dit die vyfde kleinste gemeente in dié Klassis. Op 1 Maart 2020 het die gemeente ontbind toe minder as 10 lidmate oorgebly het, van wie amper almal weduwees was.
Senekal was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Ficksburg en vir Sondae se leesdienste het die lidmate op Senekal gebruik gemaak van die NG gemeente Senekal se kerksaal, met sekere voorwaardes van die wyksouderling, naamlik dat geen NG lidmaat die dienste mag bywoon nie.
In 1949 is besluit om ’n eie kerkgebou op te rig waarvan ds. A. Duvenhage toe die hoeksteen op 29 Oktober daardie jaar gelê het. Die gebou is in wese ’n saalkerk met ’n Kaaps-Hollandse gewel sowel voor as agter. Die toring met die kerkklok daarin staan los van die gebou.
Die lidmate hier en op Marquard het eers in 1961 amptelik as die Gereformeerde kerk Senekal afgestig.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.