Senekal
Senekal (Matwabeng bygereken) | |
---|---|
Dorp+buurt | |
Die NG kerkgebou van Senekal | |
Koördinate: 28°19′0″S 27°36′0″O / 28.31667°S 27.60000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Setsoto |
Stigting | 1877 |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,1 km2 (14,3 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 25 542 |
• Digtheid | 688/km2 (1 780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 0.6% |
• Swart mense | 93.0% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 88.8% |
• Afrikaans | 7.3% |
• Gebaretaal | 1.3% |
• Engels | 1.4% |
• Ander | 1.2% |
Poskode (strate) | 9600 |
Poskode (posbusse) | 9600 |
Skakelkode | 058 481 |
Webwerf | http://www.senekal.biz |
Senekal is 'n dorp geleë op die oewer van die Klipspruitrivier in die Oos-Vrystaat. Die N5 nasionale pad gaan deur die dorp en is tussen Winburg in die weste en Bethlehem na die ooste geleë. Die dorp het twee nedersettings, Matwabeng en OR Tambo, waarvan die laasgenoemde die nuutste, grootste en vinnig groeiendste is.
Senekal het 5 primêre skole en 4 sekondêre skole asook kleiner skole op plase, 'n polisiestasie, korrektiewe fasiliteite, hospitale en klinieke. Die Naledi Gemeenskapsradiostasie bedien die meeste dele van die Oos-Vrystaat en klein dele van Lesotho. Die stasie saai uit op 103,9 Mhz. Senekal is die tweede grootste dorp in die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit na Ficksburg.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp is in 1877 op die plaas De Put van F.J. Malan gestig en is genoem na kommandant-generaal FP Senekal (1815-1866).[2] Senekal het die Vrystaatse kommando's in die twee Basoeto-oorloë van 1858 en 1865 gelei. Hy het tydens die tweede oorlog gesneuwel. Munisipale status is in 1886 toegeken. Een van die Anglo-Boere-oorlog-veldslae van 1900 is by Biddulphsberg buite die dorp geveg.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 3 560 km2 groot. Sir Pierre van Ryneveld, stigter van die Suid-Afrikaanse Lugmag, is in die dorp gebore.
Die twee meesgesproke streekstale rondom Senekal is Afrikaans en Sesotho.
Plekke van belang naby Senekal sluit in: Arizona Wildplaas, Biddulphsberg-oord en Willem Pretorius-wildreservaat wat in Matjhabengdistrik val. Een van die oudste kerke in die Vrystaat is in die middel van die dorp en is omring deur versteende boomstompe, oorspronklik uit die spruit opgegrawe.[3]
Boerdery
[wysig | wysig bron]Boerderye rondom Senekal speel 'n belangrike ekonomiese rol in die provinsie en land as geheel. Gemengde boerdery word beoefen en produseer, onder andere, mielies, sonneblom, koring, melk- en vleisvee.
Noemenswaardige mense
[wysig | wysig bron]- Mof Myburgh, (24 Augustus 1936 - 15 Junie 2012), Springbokrugbyspeler
- Die eerste twee burgemeesters van Setsoto Munisipaliteit het van Senekal gekom (Me. M Molete en Mnr. MS Maduna)
- Naka Drotské (oud-rugbyafrigter van die Vrystaat Cheetahs en Toyota Cheetahs)
- Toks van der Linde (oud-WP-speler en TV-persoonlikheid)
- Dingaan Mokebe (James in Muvhango)
- Serame Letsoaka (afrigter)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Senekal en Matwabeng tydens die 2011-Sensus.
- ↑ (af) http://www.senekal.biz/about/history.html Geargiveer 5 Februarie 2012 op Wayback Machine
- ↑ (en) http://www.setsoto.co.za/Senekal.html Geargiveer 23 Maart 2012 op Wayback Machine
Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
Ventersburg | Steynsrus | Lindley | ||
Allemanskraaldam | Bethlehem | |||
Senekal | ||||
Winburg | Marquard | Rosendal |