Germaniumsuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Germaniumsuur of germanium(IV)hidroksied is 'n chemiese verbinding met die formule H4GeO4 of Ge(OH)4. Die verbinding is amfotêr en kan dus as 'n suur of 'n basis in chemiese reaksies optree.

Germaniumsuur speel 'n beskeie rol in die geochemie van die aarde, omdat dit as molekulêre spesie tot 'n pH <8-9 die oorheersende spesie in 'n waterige oplossing is. Onder hidrotermale omstandighede kan die oplosbaarheid aansienlik wees. Water in ewewig met die tetragonale vastestof GeO2 bevat net 0,7 ml Ge per liter. By 350 neem dit toe tot 1600 mg/L. In basiese oplossings reageer germaniumsuur as suur en vorm die ioon GeO(OH)3[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Thermodynamic properties of aqueous Ge(IV) hydroxide complexes from 25 to 350°C: implications for the behavior of germanium and the Ge/Si ratio in hydrothermal fluids Gleb S. Pokrovski, Jacques Schott Geochimica et Cosmochimica Acta, 62(9), 1998, bls 1631–1642