Gettysburg
Gettysburg | |
---|---|
Borough | |
Gedenkteken, wat aan die Slag van Gettysburg herinner | |
Koördinate: 39°49′42″N 77°13′56″W / 39.82833°N 77.23222°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Pennsilvanië |
County | Adams |
Stigting | 1780 |
Inkorporasie | 1806 |
Regering | |
• Burgemeester | William Troxell |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,3 km2 (1,7 vk. myl) |
• Land | 4,3 km2 (1,7 vk. myl) |
• Water | 0 km2 (0 vk. myl) |
Hoogte | 170 m (558 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 620 |
• Digtheid | 1 770,9/km2 (4 587/vk. myl) |
Tydsone | UTC-5 (EST) |
• Somertyd | UTC-4 (EDT) |
Poskode | 17325 |
Skakelkodes | 717 Vervang: 334,337,338,339. |
Webwerf | www.gettysburg-pa.gov |
Gettysburg is 'n munisipaliteit in die deelstaat Pennsilvanië met 'n belangrike geskiedkundige agtergrond. Die Slag van Gettysburg het 1 tot 3 Julie 1863 hier plaasgevind tydens die Amerikaanse Burgeroorlog. Die stad is in 1780 gestig deur generaal James Gettys en was eers Marsh Creek Settlement genoem. Op 19 November 1863 het Abraham Lincoln sy beroemde Gettysburg-toespraak hier gemaak nadat hy genooi was na die opening van die Nasionale Begraafplaas. Daar is 'n monument opgerig op die plek. In 1895 was die slagveld as 'n nasionale militêre park verklaar. Die hele slagveld is uitgemerk om die verloop van die slag aan te dui. Daar is ook ander monumenete onder andere 'n standbeeld van generaal Robert E. Lee op 'n perd en die Eternal Light Peace Monument met 'n vlam wat altyd brand. Daar is ook vyf museums wat die Burgeroorlog dek.
Bron
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia Crowell-Collier Educational Coportaion, Vol. 11, bladsy 75, 1971.