Gianandrea Gavazzeni

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gianandrea Gavazzeni

Gianandrea Gavazzeni (25 Julie 1909 – 5 Februarie 1996) was 'n Italiaanse pianis, dirigent (veral van operamusiek), komponis en musikoloog. Gavazzeni is in Bergamo gebore. Hy was vir byna 50 jaar, met ingang 1948, die hoofdirigent by La Scala, Milaan, gewees. Gedurende die tydperk 1966–68 was hy die Geselskap se musikale en artistieke direkteur. Hy het op 11 Oktober 1976 sy buiging by die Metropolitan Opera gemaak. Hy het in die jaar agt uitvoerings van Giuseppe Verdi se Il trovatore by die Met gegee.[1] Sy komposisies sluit concertos soos die 'Concerto bergamasco'; 'Die Lied van Sint Alexander'; en verskeie sonates in.

Sy laaste vrou was die sopraan Denia Mazzola-Gavazzeni.[2] Hy het in Januarie 1993 op die ouderdom van 83 jaar Jules Massenet se Esclarmonde by die Teatro Massimo di Palermo gedirigeer, met sy vrou wat die titelrol gesing het. Dit was die eerste keer dat hy die opera gedirigeer het.[3]

Gianandrea Gavazzeni het op 5 Februarie 1996 beswyk.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]