Gilles Vigneault

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gilles Vigneault
Gilles Vigneault Chantauvent Natashquan 1989.jpg
Gilles Vigneault in 1989 in Natashquan
Geboorte27 Oktober 1928 (1928-10-27) (90 jaar oud)
Natashquan, Quebec, Kanada
Beroep(e)Sanger, verhaal- en liedjieskrywer, digter
Genre(s)Chanson (Franse liedkuns)
Instrument(e)Stem
Aktiewe jare1960 tot hede
Webwerfgillesvigneault.com
Portal.svg Musiekportaal

Gilles Vigneault (* 27 Oktober 1928 in Natashquan, Quebec, Kanada) is 'n digter, verhaal- en liedjieskrywer en sanger.

Vigneault, wat as die seun van 'n visser en 'n onderwyseres in 'n afgeleë nedersetting gebore is, het sy akademiese opleiding in Rimouski en Quebecstad ontvang. Nadat hy inspirasie uit die werke van digters soos Pierre de Ronsard, Victor Hugo, Émile Nelligan, Arthur Rimbaud, Charles Baudelaire en veral Paul Verlaine getrek het, het Vigneault besluit om self 'n loopbaan as digter en verhaalskrywer te volg.

Natashquan

In sy literêre werke beskryf hy uitvoerig die lewensomstandighede van mense in sy geboortedorp Natashquan en sy omgewing - 'n nedersetting wat tot in 1996 nie per pad toeganklik was nie en dus op seevervoer aangewese was.

Daarnaas beywer Vigneault hom al lank vir die onafhanklikheid van Quebec en die Franse taal. Die reël van een van sy liedtekste, Mon pays ce n'est pas un pays, c'est l'hiver ("My land, dit is geen land nie, dit is die winter") het 'n vaste uitdrukking in Quebec geword.