27 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
27 Oktober is die 300ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (301ste in skrikkeljare). Daar volg nog 65 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 312 – Keiser Konstantyn die Grote wen die veldslag by die Milviaanse brug.
- 625 – Pous Honorius I volg Pous Bonifatius V op.
- 1254 – Pous Innocentius IV hou sy triomfantelike intog in Napels.
- 1597 – Alfonso II, hertog van Ferrara, sterf kinderloos. Pous Clemens VIII voeg Ferrara toe tot die pouslike staat.
- 1608 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word biskop van Spoleto.
- 1795 – Die VSA en Spanje teken die Verdrag van Vriendskap, Limiete en Navigasie, wat die grense tussen die Spaanse kolonies en die VSA bepaal.
- 1873 – Die Tradouwpas word oopgestel deur sir Henry Barkly.
- 1904 – Die eerste gedeelte van die New York Stad-moltrein open tussen die New York-stadsaal en die Bronx.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse vliegdekskip USS Hornet word deur Japannese lugaanvalle gekelder (reeds op 26ste aangeval).
- 1943 – In Kaapstad stig die NG gemeente Pinelands af van die NG gemeente Maitland.
- 1958 – Generaal Ayub Khan werp Iskander Mirza omver in ’n bloedlose staatsgreep; Khan word die tweede president van Pakistan.
- 1979 – St. Vincent en die Grenadines word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1991 – Turkmenistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1998 – Gerhard Schröder word kanselier van Duitsland.
- 2006 – Die Johannesburg Internasionale Lughawe word amptelik herdoop na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
- 2017 – Katalonië verklaar onafhanklikheid vanaf Spanje.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1782 – Niccolò Paganini, Italiaanse violis († 1840).
- 1858 – Theodore Roosevelt, 26ste president van die Verenigde State (tussen 1901 en 1909) († 1919).
- 1913 – H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige († 1974).
- 1915 – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur († 2010).
- 1917 – Oliver Tambo, ANC-president en vryheidsvegter († 1993).
- 1932 – Sylvia Plath, 'n Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer († 1963).
- 1933 – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer († 2016).
- 1939 – John Cleese, Britse akteur.
- 1952 – Brigitte Engerer, Franse pianis († 2012).
- 1958 – Jonathan Shapiro, Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar.
- 1973 – Semmy Schilt, professionele Nederlandse skopbokser.
- 1977 – Tessa Jubber, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1605 – Akbar die Grote, Mogolheersers van Indië (* 1542)
- 1939 – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser (* 1903).
- 1958 – Doktor Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus (* 1884).
- 1992 – Ivan Andreadis, Tsjeggo-Slowaakse tafeltennisspeler (* 1924).
- 2010 – Gideon Joubert, Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer (* 1923).
- 2013 − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf (* 1942).
- 2017 – Cecil Moss, 'n Springbokrugbyspeler, -afrigter en dokter (* 1925).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Onafhanklikheidsdag in Sint Vincent en die Grenadine (1979).
- Onafhanklikheidsdag in Turkmenistan (1991).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Oktober. |