Godfried van Bouillon
Godfried van Bouillon (Frans: Godefroy; Duits: Gottfried; Latyn: Godefridus Bullionensis) (Boulogne-sur-Mer of Baisy-Thy, 18 September 1060 – Jerusalem, 18 Julie 1100) was 'n Franse edelman[1][2] en van 1087 tot sy dood (as Godfried IV) hertog van Neder-Lotaringe en een van die leiers van die Eerste Kruistog. Hy was die eerste heerser van die Koninkryk van Jerusalem (vanaf 1099 tot 1100), maar weier dié titel van Koning. In die plek hiervan verkies hy die titel van Voog of Verdediger van die Heilige Graf (in Latyn: Advocatus Sancti Sepulchri). Hy staan vandag algemeen bekend as die "Voog van die Heilige Graf" en "Koning van die Kruisvaarders".[3]
Godfried se ouers was graaf Eustaas II van Boulogne en Ida van Verdun, suster van hertog Godfried III van Lotaringe (Godfried met die Bult), wat Godfried (van Bouillon) in 1076 benoem het as sy erfgenaam. Keiser Hendrik IV van die Heilige Romeinse Ryk het egter besluit om die hertogdom aan sy eie seun, Koenraad van Lotaringe te gee, en slegs Bouillon en die markgraafskap Antwerpen aan Godfried. In 1087 het Godfried uiteindelik tog die hertogdom bekom as beloning vir sy dienste in die Keiser se oorlog teen die Sakse en teen Pous Gregorius VII.
Literatuur
[wysig | wysig bron]- Simon John, Godfrey of Bouillon. Duke of Lower Lotharingia, Ruler of Latin Jerusalem, c.1060–1100, 2018. ISBN 9781472458964
- Thomas Asbridge, De Eerste Kruistocht. De oorsprong van het conflict tussen islam en christendom, 2006, ISBN 9789025363437
- Georges Despy, "Godefroid de Bouillon. Mythes et réalités", in: Bulletin de la Classe des Lettres de l'Académie royale de Belgique, 5e série, t. LXXI, 1985, p. 249-275
- Pierre Aubé, Godefroy de Bouillon, 1985, ISBN 9782213016542
- John Carl Andressohn, The Ancestry and Life of Godfrey of Bouillon, 1947
External links
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Godfried van Bouillon.
Bewindstitels | ||
---|---|---|
Nuwe titel | Voog van die Heilige Graf 1099–1100 |
Opgevolg deur Baldwin I van Jerusalem |
Voorafgegaan deur Koenraad van Neder-Lotaringe |
Hertog van Neder-Lotaringe 1087–1100 |
Opgevolg deur Hendrik, Hertog van Neder-Lotaringe |
Voorafgegaan deur Godfried, Hertog van Neder-Lotaringe |
Markgraaf van Antwerpen 1076–1100 |
Voorouers
[wysig | wysig bron]Godfried van Bouillon |
Vader: Eustaas II van Boulogne |
Oupa: Eustaas I van Boulogne |
Oupagrootjie: Boudewyn II van Boulogne |
Oumagrootjie: Adelina van Holland | |||
Ouma: Mathilde van Leuven |
Oupagrootjie: Lambert I van Leuven | ||
Oumagrootjie: Gerberga van Neder-Lotaringe | |||
Moeder: Ida van Verdun |
Oupa: Godfried II van Lotaringe |
Oupagrootjie: Gozelo I van Verdun | |
Oumagrootjie: moontlik Gerberia | |||
Ouma: Doda |
Oupagrootjie: ? | ||
Oumagrootjie: ? |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Riley-Smith 1998, p. 21.
- ↑ Riley-Smith 1998, pp. 93–97.
- ↑ Murray, Alan V. (2000). "Godfrey of Bouillon as Ruler of Jerusalem (1099–1100)". The Crusader Kingdom of Jerusalem: A Dynastic History 1099-1125. Occasional publications, vol. 4. Unit for Prosopographical Research, Linacre College (University of Oxford). pp. 70–77. ISBN 978-1-9009-3403-9.