Gouekers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gouekers
Pachystachys lutea.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
Pachystachys lutea

Nees

Die gouekers of Pachystachys lutea is ’n subtropiese, immergroen struik met ’n sagte stam wat 90 tot 120 cm hoog word. As hulle groter word, kan hulle slordig lyk.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Die gouekers is 'n gewilde tuinplant in tropiese en subtropiese streke.

Dit is ’n gewilde landskapplant in tropiese en subtropiese streke en ’n huisplant elders.[1] Dit groei in feitlik enige goed gedreineerde grond, maar soos die meeste sierplante verkies dit grond met ’n suurreaksie. In dié omstandighede is hulle op hul grootste en kleurrykste. Dit hou ook van baie lig.

Die kortstondige wit blomme groei tussen heldergeel skutblare aan trosse wat deur die warm maande gedy. Die blare is donkergroen, ovaalvormig en puntig. As dit in die lente gesnoei word, kan die plant jare lank mooi bly.

Probleme[wysig | wysig bron]

As blomme verrot of afval, is daar te min ventilasie. Dowwe blare kan dui op ’n voedseltekort of te nat of koue toestande.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. hort.ifas.ufl.edu
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]