Graaf van Clarendon
George Villiers, 6de Graaf van Clarendon | |
Ampstermyn 26 Januarie 1931 – 5 April 1937 | |
Monarg | George V Edward VIII George VI |
---|---|
Eerste minister | Barry Hertzog |
Voorafgegaan deur | Alexander Cambridge |
Opgevolg deur | Patrick Duncan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | George Herbert Hyde Villiers 7 Junie 1877 |
Sterf | 13 Desember 1955 (op 78) |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Adeline Verena Isabel Cocks |
George Herbert Hyde Villiers, die Graaf van Clarendon (Engeland, 7 Junie 1877 - 13 Desember 1955) was goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.
Hy kry sy skoolopleiding aan Eton-kollege en word in 1922 hoofsweep van die regering in die Hoërhuis van Brittanje. In 1925 word hy onderminister van dominiale sake en voorsitter van die Overseas Settlement Committee. Twee jaar later word hy voorsitter van die British Broadcasting Corporation. In 1931 stel die Britse koning hom aan as goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Hy keer in 1938 terug na Engeland waar hy 'n belangrike amp in die koninklike huishouding aanvaar. Hy tree in 1952 af en sterf drie jaar later.
Die Laer en Hoër Meisieskool Clarendon in Oos-Londen is na hom vernoem.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
Voorafgegaan deur Alexander Cambridge |
Goewerneur-generaal van Suid-Afrika 1931–1937 |
Opgevolg deur Patrick Duncan |