HMS Ajax

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS Ajax.
Die HMS Achilles, soos gesien vanaf die HMS Ajax tydens die seeslag van die Rio de la Plata.

Die HMS Ajax was 'n ligte kruiser van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy en haar susterskip Achilles was beide betrokke by die Slag van die Rio de la Plata waar die Admiral Graf Spee gekelder is.

Tegniese besonderhede[wysig]

Sy het 7 259 ton water verplaas en was aangedryf deur vier turbines wat gesamentlik 72 000 skeepsperdekrag gelewer en 'n topspoed van 32,5 knope verseker het. Sy was toegerus met agt 6-duim kanonne, agt 4-duim lugafweer kanonne en agt 21-duim torpedobuise.

'n Kenmerk van die skip en Achilles was dat hulle slegs een skoorsten gehad het; die gevolg van 'n verbeterde ontwerp met betrekking tot die stoomketels.

Bron[wysig]