Slag van die Rio de la Plata
Slag van die Rio de la Plata | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Wêreldoorlog | |||||||
Die Slag van die Rio de la Plata | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Nazi-Duitsland | Verenigde Koninkryk Nieu-Seeland | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Hans Langsdorff (selfmoord) | Henry Harwood | ||||||
Sterkte | |||||||
Een dwergslagskip | Een swaar kruiser 2 ligte kruisers | ||||||
Ongevalle | |||||||
Een dwergslagskip vlug en sink haarself 36 dood 60 gewond |
Een swaar kruiser erg beskadig Twee ligte kruisers beskadig 72 dood (Achilles 4, Ajax 7, Exeter 61) 28 gewond |
Die Slag van die Rio de la Plata het op 13 Desember 1939 plaasgevind naby Montevideo in die Suidwes-Atlantiese Oseaan.
Seeslag
[wysig | wysig bron]Nadat die Admiral Graf Spee, onder beheer van kaptein Langsdorff, verwoesting gesaai het onder die Geallieerdes se handelsvloot in die suidelike Atlantiese Oseaan het Langsdorff slagoffers gaan soek op die handelsroete van Suid-Amerika. Op die oggend van 13 Desember 1939 word Graf Spee deur die skepe HMS Ajax, HMS Exceter en HMS Achilles van die Britse Vloot onder leiding van Kommandoor Henry Harwood gewaar. 'n Geveg begin en na 35 minute word die Exceter deur die Admiral Graf Spee se 11-duim kanonne buite aksie gestel. Die Exceter se 8-duim kanonne het ook skade aan die Graf Spee aangerig en Langsdorff gaan soek skuiling in die neutrale hawe van Montevideo met die Ajax en Achilles op sy hakke.
Die neutrale regering van Uruguay verleen egter net 72 uur aan Langsdorff vir herstelwerk. Intussen het die Britte via diplomatieke kanale Langsdorff onder die indruk gebring dat daar 'n groot Britse taakmag opgedaag het en net buite die hawe vir hom wag. Ná drie dae vaar die Graf Spee uit die hawe en word deur die bemanning gekelder in die riviermonding. Langsdorff pleeg drie dae later selfmoord.
Bron
[wysig | wysig bron]- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ O'Hara 2004, bl. 7.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Slag van die Rio de la Plata.