Hannibal (TV-reeks)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hannibal | |
Genre | |
---|---|
Ontwikkel deur | Bryan Fuller |
Met | |
Komponis(te) | Brian Reitzell |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 3 |
Aantal episodes | 39 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Venue(s) | |
Kinematografie |
|
Produksiemaatskappy |
|
Verspreider | Sony Pictures Television |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | NBC |
Beeldformaat | 1080i (Hoë-definisie televisie (HDTV) ) |
Oorspronklike lopie | 4 April 2013 – 29 Augustus 2015 |
Webskakels | |
Amptelike webwerf | |
[Official website Produksiewebwerf] |
Hannibal is 'n Amerikaanse televisiereeks (in die genre sielkundige riller) wat ontwikkel is deur Bryan Fuller vir NBC. Die reeks is gebaseer op karakters en temas uit Thomas Harris se romans Red Dragon (1981), Hannibal (1999), en Hannibal Rising (2006), met die fokus op die verhouding tussen die karakter Will Graham, 'n spesiale ondersoeker van die FBI (gespeel deur Hugh Dancy), en Dr. Hannibal Lecter (gespeel deur Mads Mikkelsen), 'n forensiese psigiater wat bestem is om Graham se mees uitgeslape vyand te word, maar wat ook die enigste persoon is wat hom werklik verstaan.
Die reeks se eerste seisoen het uit 13 episodes bestaan. David Slade was die uitvoerende vervaardiger en regisseur van die eerste episode. Die reeks is die eerste keer op 4 April 2013 op NBC uitgesaai.[4] Op 9 Mei 2014 het NBC Hannibal vir 'n derde seisoen hernu,[5] welke seisoen die eerste keer op 4 Junie 2015 uitgesaai is. Op 22 Junie 2015 het NBC Hannibal as gevolg van lae kykergetalle na drie seisoene gekanselleer.[6] Die finale episode van die reeks is deur City in Kanada uitgesaai op 27 Augustus 2015, en twee dae later in die VSA deur NBC.
Die reeks het kritiese lof ontvang, met veral die vertolkings van die hoofakteurs en die visuele styl van die reeks wat geprys is.[7][8] Die eerste twee seisoene het die Saturn-toekenning ontvang in die kategorie Beste Netwerk Televisiereeks, terwyl beide Mikkelsen en Dancy die toekenning vir Beste Akteur gewen het, met Laurence Fishburne wat die toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur ontvang het vir sy vertolking in die tweede seisoen. Die derde en finale seisoen het die eerste Saturn-toekenning vir Beste Aksie-Riller Televisiereeks gewen, terwyl gaskunstenaar Richard Armitage die toekenning gewen het vir Beste Onderteunende Akteur. Die reeks het 'n kultusaanhang en word deur baie kritici en gehore beskou as een van die beste reekse van die riller-genre, en een van die beste televisiereekse ooit.[9]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Day, Carla (27 Februarie 2014). "'Hannibal' Exclusive Interview: Bryan Fuller on His 'Beautiful Horrible' Horror Show". BuddyTV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2016. Besoek op 13 Augustus 2016.
- ↑ MacFarlane, Jessica Maria (11 Januarie 2016). "Here's What HANNIBAL Season 4 Would've Looked Like". Nerdist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2016. Besoek op 13 Augustus 2016.
- ↑ Baxton, Greg (2 April 2013). "NBC hopes crime thriller fans will eat 'Hannibal' up". Los Angeles Times. Los Angeles, California: Tronc. Besoek op 13 Augustus 2016.
- ↑ Hibberd, James (14 Februarie 2013). "'Hannibal' finally gets premiere date". Entertainment Weekly. Besoek op 15 Februarie 2013.
- ↑ Andreeva, Nellie (9 Mei 2014). "NBC Renews 'Hannibal' For Third Season". Deadline Hollywood. Besoek op 9 Mei 2014.
- ↑ Ausiello, Michael (22 Junie 2015). "Hannibal Cancelled at NBC". TVLine. Besoek op 3 Maart 2020.
- ↑ VanDerWerff, Emily Todd; Saraiya, Sonia (6 Desember 2013). "Hannibal's powerful visuals make it one of the best shows of 2013". The A.V. Club. Besoek op 3 Maart 2020.
- ↑ Nussbaum, Emily (29 Junie 2015). "To Serve Man". The New Yorker. New York City: Condé Nast. Besoek op 8 Julie 2015.
- ↑ Verwysings:
- Uhlich, Keith (28 Augustus 2015). "Hannibal: The TV show that went too far". BBC. Besoek op 30 Augustus 2017.
- Schnelbach, Leah (31 Augustus 2015). "A Post-Mortem for Hannibal, the Greatest Television Show of All Time". Tor.com. Besoek op 30 Augustus 2017.
- Akers, Laura (12 Februarie 2014). "Is Hannibal the best network TV series in years?". Den of Geek. Besoek op 30 Augustus 2017.
- Eddy, Cheryl (17 Augustus 2015). "Here's Why Hannibal Is the Best Crime Show on Television". Gizmodo. Doral, Florida: Gizmodo Media Group. Besoek op 30 Augustus 2017.
- Foutch, Haleigh (7 Julie 2017). "The Best Horror TV Shows of the 21st Century, So Far". Collider. Besoek op 30 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikiquote het aanhalings in verband met Hannibal (TV series) |