IAI Kfir

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
IAI Kfir
DN-ST-85-08601.jpg
United States Navy F-21A Kfir
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Israel Aerospace Industries
Nooiensvlug 19 Oktober 1970
Vrygestel 1976
Status In gebruik
Hoofgebruikers Israeliese Lugmag
Amerikaanse Vloot, Columbiaanse Lugmag, Sri Lanka Lugmag
Aantal gebou 220+

Die Israel Aircraft Industries Kfir is 'n Israelies vervaardigde alle weerstoestand, multirol vliegtuig wat gebaseer is op die Franse Dassault Mirage 5 se romp, toegerus met Israeliese avionika en 'n Israeliese vervaardigde weergawe van die General Electric J79 turbostraal motor soos gebruik in die McDonnell Douglas F-4 Phantom II.

Teen die tyd wat die produksie modelle vervaardig is, was die romp wat gebruik was dié van die Israeli vervaardigde Mirage 5 (Nesher) en toegerus met Israeli elektronika. Slegs 27 model C1's was gebou en 25 was verkoop aan die Amerikaanse Vloot en die Amerikaanse Mariene Korps. Hulle het dit gebruik in 'n aggressiewe rol; hier was die vliegtuig die F-21A genoem. Die eerste van 185 Kfir C2's is in 1976 in diens gestel, die prototipe het reeds in 1974 gevlieg. Daar was canard vlerke geheg boaan die lug inlate. Alle C-1's is later opgegradeer na C-2 standaard.

Die Kfir C-7 was in 1983 in diens gestel, 'n verbeterde weergawe van die C-2. Dit het oor 'n kragtiger motor beskik met verbeterde vermoëns. Dit kan ook die slim wapens dra, die kajuit was gesofistikeerd en dit het oor invlug hervul geriewe beskik.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die IAI Kfir-C7:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger IAI/General Electric J79 turbostraal met nabrander
Kraglewering per motor 8 112 kg stukrag
Vlerkspan 8,22 m
Lengte 15,65 m
Hoogte 4,55 m
Vlerkoppervlakte 34,8 m2
Maks. opstygmassa 16 500 kg
Maks. snelheid 2 440 km/h
Operasionele hoogte 17 690m
Togafstand 882km
Klimvermoë 13 989 m per minuut
Bewapening Twee 30 mm kanonne

5 punte onder romp en 2 onder vlerke
vir AIM-9 Sidewinder, Python, or Shafir
lug-tot-lug missiele or anti-radar-missiele
of bomme

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]