ICD-10 Hoofstuk V: Gedrags- en geestesteurings
Voorkoms
ICD-10 Hoofstuk V omvat gedrags- en geestesteurings, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme.[1] Die hoofstuk omvat die kodes F00 tot F99.
In teenstelling met ander hoofstukke van die ICD-10, word die definisies van elke groep steurings van hoofstuk V uitgebrei beskryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, sodat geen onsekerheid kan bestaan oor die presiese kode wat aan die spesifieke geestesteuring toegeken moet word nie.
- F00-F09 Organies, insluitend simptomatiese, psigiese steurings
- F10-F19 Psigiese en gedragsteurings weens die gebruik van psigoaktiewe middels
- F20-F29 Skisofrenie, skisotipiese steurings en waansteurings
- F30-F39 Gemoedsteurings
- F40-F48 Neurotiese, stresverwante en somatoforme steurings
- F50-F59 Gedragsteurings wat saamgaan met liggaamlike simptome en steurings
- F60-F69 Persoonlikheids- en gedragsteurings op volwasse leeftyd
- F70-F79 Swaksinnigheid
- F80-F89 Steurings in psigiese ontwikkeling
- F90-F98 Gedrags- en emosionele steurings wat deurgaans op kinderleeftyd of adolessensie begin
- F99-F99 Psigiese steurings wat nie andersins omskryf word nie