Ian McIntosh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ian McIntosh Sportportaal
Rugbyloopbaan
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
1993–94 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Haaie

Ian McIntosh is 'n voormalige Zimbabwies-Suid-Afrikaanse rugbyafrigter. Hy was gedurende 1993 en 1994 hoofafrigter van die Springbokke. McIntosh het naby Bulawayo grootgeword.

McIntosh het nooit as speler vir sy land gespeel nie, maar het in die 1970's kennis gemaak met afrigting onder toesig van die destydse afrigtingsdirekteur van die Walliese Rugbyunie, Ray Williams.

Hy het die legendariese Natalspan gedurende die laat 1980's en vroeë 1990's afgerig. Hy het 'n nasionale figuur geword nadat Natal hul eerste Curriebeker in 1990, hul eeufeesjaar, gewen het. Sy sukses met Natal het daartoe gelei dat hy die Springbokspan se afrigter geword het.

Die jaar voor die Wêreldbekertoernooi in 1995 word hy as nasionale afrigter afgedank ná 'n reeksnederlaag teen die All Blacks in Nieu-Seeland in middel-1994. In Oktober van daardie jaar aanvaar Kitch Christie 'n aanbod om by McIntosh oor te neem.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (en) John Bishop (2000). Mac The Face Of Rugby. Don Nelson Publishers South Africa. ISBN 1-86806-190-6.


Voorafgegaan deur
John Williams
Springbokafrigters
1993–1994
Opgevolg deur
Kitch Christie