Inlandsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Inlandsee is 'n pan wat gevorm het in 'n depressie in die Vrystaat, suid van Parys tussen die N1-nasionalepad en Vredefort.

Inlandsee lê in die middel van die Vredefort-koepel, die gebied waar 2020 miljoen jaar gelede een van die grootste impakkraters op aarde gevorm is. Die depressie self is egter baie jonger en stam dalk uit die Dwyka-ystyd van 300 miljoen jaar gelede.

Wanneer daar baie reën val, vul die pan met water en kom daar talle voëls, soos flaminke, daar woon. [1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Meteorite Impact!: The Danger from Space and South Africa's Mega-Impact The Vredefort Structure, Wolf Uwe Reimold, Roger Lawrence Gibson Springer Science & Business Media, 2010, ISBN 3642104649, ISBN 9783642104640, bls 246

Koördinate: 27°4′3.67″S 27°29′27.18″O / 27.0676861°S 27.4908833°O / -27.0676861; 27.4908833