Jan Cellierspark, Pretoria
Jan Cellierspark is 'n park in Groenkloof, Pretoria, Suid-Afrika. Die 4,5 hektaar park teen die noordelike hange van Klapperkop staan ook bekend as Proteapark. Die park is toegewy aan inheemse plante en bied pragtige uitsigte oor die stad en die Uniegebou. Die park is op die hoek van Wenning- en Broderickstraat en die ingang is in Broderickstraat.[1] Die belangrikste kenmerk van die park is 'n stroom met 14 miniatuurwatervalle wat twee damme met mekaar verbind en begrens word deur verskeidenheid van plante. Die park beskik ook oor groot grasperke wat deur rotstuine, bome en struike onderbreek word.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die park is in die 1960's ontwerp deur Harry Bruins-Lich, direkteur van parke in Pretoria vanaf 1942 tot 1967,[2] en genoem na die Afrikaanse digter, Jan F.E. Celliers.[3]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Brosblaar in Jan Cellierspark.
-
Bontkiewiet in die park
-
Reuse aasblom
Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Jan Celliers Park. |
- ↑ City of Tshwane Parks in Tshwane Geargiveer 4 Oktober 2009 op Wayback Machine, besoek op 29 Desember 2006
- ↑ "Harry Bruins-Lich" (in Engels). www.carolizejansen.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op 13 Mei 2017.
- ↑ "Jan FE Celliers Park, Pretoria" (in Engels). www.carolizejansen.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2016. Besoek op 13 Mei 2017.