Groenkloof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groenkloof
Wit jakarandabome in Herbert Bakerstraat, Groenkloof
Wit jakarandabome in Herbert Bakerstraat, Groenkloof
Ligging van Groenkloof op 'n kaart (Gauteng)
Groenkloof
Groenkloof
 Groenkloof se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°46′S 28°13′O / 25.767°S 28.217°O / -25.767; 28.217Koördinate: 25°46′S 28°13′O / 25.767°S 28.217°O / -25.767; 28.217
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Tshwane
Oppervlak[1]
 - Voorstad 2,83 km²  (1,1 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Voorstad 4 946
 - Digtheid 1 748/km² (4 527,3/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 59.4%
 • Indiër/Asiër 2.4%
 • Kleurling 2.9%
 • Swart 33.7%
 • Ander 1.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 44.2%
 • Engels 40.5%
 • Noord-Sotho 3.2%
 • Tswana 3.2%
 • Ander 9.0%
Poskode (strate) 0181
Poskode (posbusse) 0027

Groenkloof is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika aan die noordelike hange van Klapperkop suidoos van die stadskern. Dit grens langs Koningin Wilheminarylaan in die ooste aan Waterkloof. Jan Cillierspark, wat ook as Proteapark bekendstaan, in die oostelike gedeelte van die woonbuurt is toegewy aan inheemse plante en verskaf pragtige uitsigte oor die stad en die Uniegebou.

Die Life Groenkloof-hospitaal (voorheen bekend as die Little Company of Mary-hospitaal)[2] sowel as die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria[3] is in Groenkloof geleë. Verskeie ambassades is ook in die voorstad geleë.[4]

Groenkloof met Pretoria in die agtergrond

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Groenkloof". Sensus 2011. 
  2. "Life Groenkloof Hospital". Life Healthcare. Verkry op 11 Junie 2017. 
  3. "Fakulteit Opvoedkunde". Universiteit van Pretoria. Verkry op 11 Junie 2017. 
  4. "Embassies in Pretoria and Johannesburg". Pretoria-South-Africa.com. Verkry op 11 Junie 2017. 


Pretoria coa.jpg Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.