Jane Alexander

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jane Alexander
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Alexander se beeldhouwerk, "Butcher Boys", in die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum, Kaapstad.

Gebore 1959
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Beeldhouer, skilder
Bekend vir Butcher Boys
Eerbewyse Standard Bank Jong Kunstenaar
ENB Vita-prys
DaimlerChrysler-kunsprys

Jane Alexander (1959-) is 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skilder wat se werke al internasionaal uitgestal is. Sy is veral bekend vir haar lewensgroot beelde, met menslike vorms, wat met horings, vlerke, hoewe en ander voorwerpe versier is. Die bekendste voorbeeld hiervan is haar beeldhouwerk, die "Butcher Boys".[1]

Alexander is in 1959 in Johannesburg gebore. In 1982 en 1988 verwerf sy 'n BA- en 'n meestersgraad in beeldende kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand. As student is sy deur die sosio-politieke onrus van Suid-Afrika beïnvloed. As gevolg hiervan begin sy die temas van aggressie, geweld, lyding en die samelewing in haar werke aan te spreek. Sy vervaardig dan ook daar bekende werk, "Butcher Boys", terwyl sy vir haar meestersgraad studeer.[2]

Sy is al 'n paar keer vir haar kuns vereer, waaronder die Standard Bank Jong Kunstenaar-prys (1995), die ENB Vita-prys (1996) en die DaimlerChrysler-kunsprys (2002).[3]

Van haar kunswerke sluit in:[4]

  • African Adventure (1999–2002)
  • Bom Boys (1998)
  • The Butcher Boys (1985–1986)

Sy is tans 'n senior lektor aan die Michaelis-kunsskool in Kaapstad.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]