Jeremiah Horrocks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jeremiah Horrocks
JeremiahHorrocks.jpg
Gebore1618
Lower Lodge, Otterspool, Toxteth Park, Liverpool, Lancashire, Engeland
Sterf3 Januarie 1641
Toxteth Park, Liverpool, Lancashire, Engeland
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
BurgerskapVlag van Engeland Engeland
Alma materUniversiteit van Cambridge
Bekend virOorgang van Venus
Getye
Elliptiese wentelbaan
Maanwentel
Horrocks se waarneming van die Venus-oorgang, soos in sy boek, 'Venus in sole visa' opgeneem.

Jeremiah Horrocks (16183 Januarie 1641) was 'n Engelse sterrekundige. Hy was die eerste persoon wat kon bewys dat die Maan in 'n elliptiese wentelbaan om die Aarde beweeg. Hy was ook die enigste persoon wat die oorgang van Venus in 1639 voorspel het. Hy en sy vriend, William Crabtree, het dié gebeurtenis waargeneem en gedokumenteer, die eerste mense wat dit gedoen het.

Horrocks is op 'n jong 22-jarige ouderdom oorlede. Weens sy vroeë dood en die chaos van die Engelse Burgeroorlog het sy verhandeling, Venus in sole visa, byna verlore geraak. Vandag word hy as een van die stigterslede van die Britse sterrekunde erken.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Allan Chapman , Jeremiah Horrocks: His Origins and Education, Longton Online, Maart 1994.
  • Peter Aughton, The Transit of Venus. The Brief Brilliant Life of Jeremiah Horrocks, Father of British Atronomy, Weidenfield & Nicolson, London, 2004.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]