João Bernardo Vieira

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
João Bernardo Vieira
João Bernardo Vieira
November 2007

President wan Guinea-Bissau
Ampstermyn
1 Oktober 2005 – 2 Maart 2009
Voorafgegaan deur Henriques Rosa
Opgevolg deur Raimundo Pereira

Persoonlike besonderhede
Gebore 27 April 1939
Bissau, Portugees-Guinee
Sterf 2 Maart 2009
Bissau, Guinee-Bissau
Politieke party PAIGC (1961-1999)
Eggenoot/eggenote Isabella Vieira

Militêre diens
Lojaliteit Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau
Rang Generaal
Oorloë/Veldslae Vryheidsoorlog in Guinee-Bissau

João Bernardo “Nino” Vieira (Bissau, 27 April 1939 - Bissau, 2 Maart 2009) was 'n politikus van Guinee-Bissau, wat drie keer die presidentskap van sy land beklee het (die eerste keer tussen 1973 en 1984, die tweede keer tussen 1984 en 1999 en die derde keer vanaf 1 Oktober 2005 tot sy dood in 2009). Hy was ook premier van sy land tussen 1978 en 1980.

Op 14 November 1980 het Vieira die regering van Luís Cabral in Kaap Verde omvergewerp en is deur die PAIGC (Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde) of die Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde, as leier erken. Die grondwet is opgeskort en 'n militêre raad van nege lede (onder voorsitterskap van Vieira self) is geïnstalleer.

In 1994 is 'n presidentsverkiesing gehou, waarin Viera 46,20% van die stemme teen sewe ander kandidate ontvang het. Vieira kom eerste, maar behaal nie die minimum steun om die verkiesing te wen nie. Die tweede ronde is op 3 Augustus van daardie jaar gehou. Vieira het in die tweede ronde met 52,02% van die stemme gewen teen die 47,98% van Kumba Yalá. Vieira is op 29 September 1994 as die eerste demokratiese president van Guinee Bissau ingesweer.

Op 7 Mei 1999 is Vieira omvergewerp. Hy het skuiling in die Portugese ambassade gesoek en daarna in ballingskap in Portugal gegaan.[1]

Op 7 April 2005 keer Vieira terug na Guinee-Bissau, byna twee jaar nadat president Kumba Yalá deur die weermag omvergewerp is.[2]

Verkiesings is in Junie 2005 gehou. Vieira het 28,87% van die stemme behaal, minder as sy opponent, Malam Bacai Sanhá. In die tweede ronde het Vieira egter met 52,35% van die stemme gewen en is op 1 Oktober van daardie jaar as president ingesweer.

Op 28 Oktober 2005 het Vieira die ontbinding van die regering onder leiding van sy mededinger, premier Carlos Gomes Júnior, op 2 November van daardie jaar aangekondig en Aristides Gomes as premier benoem.

Op 23 November 2008 het president Vieira 'n sluipmoordpoging oorleef na 'n aanval op sy woning plaasgevind het. Sommige van sy wagte het gesterf, maar Vieira het ongedeerd gebly.[3] Vieira het later die dag 'n perskonferensie gehou waarin hy gesê het dat die aanval 'n enkele doelwit gehad het - om hom fisies te likwideer, terwyl hy ook beweer dat "die situasie onder beheer is".[4]

In die vroeë oggend van 2 Maart 2009, op 69-jarige ouderdom, is president Vieria vermoor in 'n aanval deur milisies ondersteun deur PAIGC. Die aanvallers beweer dat Vieira agter die sluipmoord op hul leier, Batista Tagme Na Wai, was. Na Wei was die stafhoof van die weermag van Guinee-Bissau en 'n teenstander van Vieira en is die vorige dag in 'n bomontploffing dood. Nadat Vieira geskiet is, is hy met kapmes in stukke gekap.[5][6][7] Die voormalige sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moon het die dubbele moord veroordeel en aangedring op 'n ondersoek na die sterftes.[8][9]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]