Johan Cruijff Schaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die trofee waarom meegeding word

Die Johan Cruijff Schaal is 'n Nederlandse sokkertrofee wat na die legendariese sokkerspeler Johan Cruyff vernoem is. Die wenner word met 'n enkele wedstryd beslis, wat tussen die wenners van die Eredivisie en KNVB-Beker uitgespook word. Die wedstryd vind tradisioneel in Augustus plaas, een week voor die Eredivisie begin, om die sokkerseisoen te open. Die wedstryd word in die Amsterdam Arena gespeel.

Slegs enkele Nederlandse sokkerklubs kon in die verlede die gesogte beker wen. Die huidige kampioene is PSV Eindhoven.

Wenners[wysig | wysig bron]

Kere gewen Klub In jaar
10 PSV 1992, 1996, 1997, 1998, 2000, 2001, 2003, 2008, 2012, 2015
8 AFC Ajax 1993, 1994, 1995, 2002, 2005, 2006, 2007, 2013
2 Feyenoord 1991, 1999
2 FC Twente 2010, 2011
1 FC Utrecht 2004
1 AZ 2009
1 SVV 1949
1 PEC Zwolle 2014