Judit Polgár

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Judit Polgár
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Polgár in 2008

Geboorte 23 Julie 1976 (1976-07-23) (42 jaar oud)
Budapest, Hongare
Nasionaliteit(e) Vlag van Hongarye Hongarye
Titel Vroulike grootmeester 1991

Judit Polgár (gebore 23 Julie 1976) is 'n Hongaarse skaakspeler en grootmeester. Sy word beskou as die sterkste vroulike skaakspeler van alle tye.[1][2][3]

In 1991, het Polgár 'n grootmeester geword op die ouderdom van 15 jaar en 4 maande, op die tyd die jongste om dit te doen en breek die vorige rekord van Bobby Fischer. Sy was die jongste speler om in die FIDE rang se top 100 speler in te kom in Januarie 1989, op die ouderdom van 12.[4] Sy is die enigste vroumens om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskap in 2005. Sy is nogsteed die enigste vrou met meer as 2700 punte rang. Sy was no. 1 vroumensskaakspeler in die wêreld vanaf Januarie 1989 tot Maart 2015.

Polgár is die enigste vrou wat 'n wedstryd teen 'n no.1 gewen het, en het elf voormalige skaakkampioene gewen: Magnus Carlsen, Anatoly Karpov, Garry Kasparov, Vladimir Kramnik, Boris Spasski, Vasily Smyslov, Veselin Topalov, Viswanathan Anand, Ruslan Ponomariov, Alexander Khalifman, en Rustam Kasimdzhanov.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Anand wins chess "Battle of the Sexes"". Milwaukee Journal Sentinel. Associated Press. 2003-08-18. p. 6A. 
  2. Polgar, Judit. Encyclodedia Britannica Online. URL besoek op Januarie 22, 2015.
  3. Super-GM tournament in Sofia starts. Chessbase.com (12 Mei 2005). URL besoek op 18 April 2010.
  4. FIDE Rating List :: Januarie 1989 OlimpBase
  5. Judit Polgár. Judit Polgár. URL besoek op Februarie 10, 2014.