Magnus Carlsen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Magnus Carlsen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Naam Sven Magnus Øen Carlsen
Geboorte 30 November 1990 (1990-11-30) (28 jaar oud)
Tønsberg, Vestfold, Noorweë
Nasionaliteit(e) Vlag van Noorweë Noorweë
Titel Grootmeester 2004
FIDE rang No. 1 (November 2018)
Beste gradering 2882 (Mei 2014)
Wêreldkampioen 2013–nou

Sven Magnus Øen Carlsen (gebore op 30 November 1990) is 'n Noorse skaakspeler en die huidige wêreldkampioen. Sy beste gradering van 2882, wat hy in 2014 bereik het, is die hoogste in skaakgeskiedenis. Carlsen het die wêreldkampioenskap in 2013, 2014, 2016 en 2018 gewen.

Kinderdae[wysig | wysig bron]

Carlsen is op 30 November 1990 in Tønsberg, Noorweë, gebore. Sy moeder is Sigrun Øen, 'n chemiese ingenieur, en sy vader Henrik Albert Carlsen, 'n IT-konsultant.[1]

Hy het drie susters, in 2010 het hy gesê dat een van die dinge wat hom gemotiveer het om skaakspeel ernstig te beoefen, was die begeerte om sy oudste suster te kon klop.[2] Synde 'n skaakwonderkind, het Carlsen gelykgespeel vir eerste plek in die Wêreld-onder-12 skaakkampioenskap in 2002.

Carlsen was bekend vir sy aanvallende styl as 'n tiener, maar het sedertdien tot 'n universele speler ontwikkel. Hy gebruik 'n verskeidenheid openings om dit vir sy teenstanders moeiliker te maak om voor te berei en ook die effek van rekenaaranalise te verminder.

Wêreldkampioen[wysig | wysig bron]

Hy het in 2013 die wêreldkampioen geword nadat hy Viswanathan Anand verslaan het. In 2014, het hy weer vir Anand verslaan. Hy het ook die 2014 blitsskaak wêreldkampioenskap gewen. In 2016, het hy sy titel verdedig teen Sergey Karjakin. In 2018 het hy vir Fabiano Caruana gewen.

Boeke en films[wysig | wysig bron]

  • Valaker, O; Carlsen, M. (2004). Lær sjakk med Magnus [Learn Chess with Magnus]. Gyldendal Norsk Forlag. ISBN 978-82-05-33963-7.
  • The Prince of Chess, a film about Magnus Carlsen (2005). Directed by Øyvind Asbjørnsen.[3]
  • Opedal, Hallgeir (2011). Smarte trekk. Magnus Carlsen: Verdens beste sjakkspiller [Smart Moves. Magnus Carlsen: The World's Best Chess Player]. Kagge. ISBN 978-82-489-1050-3
  • Mikhalchishin, Adrian; Stetsko, Oleg. (2012). Fighting Chess with Magnus Carlsen (Progress in Chess). Edition Olms. ISBN 978-3-283-01020-1.
  • Crouch, Colin (2013). Magnus Force: How Carlsen Beat Kasparov's Record. Everyman Chess. ISBN 978-1-78194-133-1.
  • Kotronias, Vassilios & Logothetis, Sotiris (2013). Carlsen's assault on the throne. Quality Chess. ISBN 978-1-906552-22-0.
  • Magnus (2016). Directed by Benjamin Ree.[4][5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. McClain, Dylan Loeb (2008). Magnus Carlsen, chess prodigy from Norway. URL besoek op 26 September 2019.
  2. Davidson, Max (2 December 2010). My perfect weekend: Magnus Carlsen.
  3. The Prince of Chess in die Internet-rolprentdatabasis
  4. Magnus in die Internet-rolprentdatabasis
  5. Magnus – the chess movie (29 Maart 2016). URL besoek op 1 Mei 2016.