Katalisator

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Energiediagram wat aangee hoe die katalisator die aktiveringsenergie van 'n chemiese reaksie verander.

'n Katalisator is 'n stof wat 'n chemiese reaksie vinniger laat verloop sonder om deur hierdie reaksie verbruik te word.

Die aanwesigheid van 'n katalisator sal die vry entalpie (Gibbs-energie) van die reaksie ΔrG onveranderd laat, maar die aktiveringsenergie ΔrG, wat saamhang met die energie van die oorgangstoestand verlaag. Die kan die snelheid van die reaksie baie vergroot.

Homogeen of heterogeen[wysig | wysig bron]

Katalisators kan homogeen of heterogeen wees.[1] 'n Goeie voorbeeld van 'n homogene katalisator is 'n oplosbare molekule, soos 'n ensiem wat in die (homogene) reaksiemensel aanwesig is. 'n Voorbeeld van 'n heterogene katalisator is 'n vastestof soos mangaandioksied MnO2 wat by 'n oplossing van waterstofperoksied gevoeg word. Dit bevorder die ontbinding van waterstofperoksied in water en suurstofgas:

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die gebruik van katalisators is baie oud. Die Neanderdallers het dalk reeds mangaandioksied gebruik om die ontbrandingstemperatuur van hout te verlaag en eenvoudiger vuur te kan maak.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Peter Atkins, Julio de Paula, Physical Chemistry, 10de uitgawe, 2014, ISBN 978-1-4292-9019-7 bls 840
  2. sci-news.com Neanderthals May Have Used Manganese Dioxide to Light Fires Natali Anderson 4 Maart 2016 (in en)”.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]