Kate Nelligan
Kate Nelligan | |
---|---|
Gebore | Patricia Colleen Nelligan 16 Maart 1950 London, Ontario, Kanada |
Alma mater | Central School of Speech and Drama |
Beroep | Aktrise |
Eggenoot | Robert Reale (trou 1989; egskeiding 2000) |
Kinders | 1 seun |
Patricia Colleen Nelligan (* 16 Maart 1950), professioneel bekend as Kate Nelligan, is 'n Kanadese verhoog-,rolprent- en televisieaktrise. Sy is benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise vir die 1991-rolprent, The Prince of Tides, en het in dieselfde jaar die BAFTA gewen vir Beste Aktrise in 'n Ondersteunende Rol vir die rolprent Frankie and Johnny. Sy is ook vier keer benoem vir 'n Tony-toekenning vir haar werk op Broadway, vir onderskeidelik Plenty (1983), A Moon for the Misbegotten (1984), Serious Money (1988) en Spoils of War (1989). Sy is ook bekend vir haar onvergeetlike titelrol as Eleni in die rolprent uit 1985.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Nelligan is gebore as die vierde van ses kinders in London, Ontario, as die dogter van Patrick Joseph Nelligan en sy vrou Josephine Alice (née Deir). Haar pa was 'n munisipale werknemer in beheer van ysbane en ontspanningsparke. Haar ma was 'n onderwyseres.[1]
Haar moeder, wat Nelligan beskryf het as "baie sterk, uiters briljant en baie, baie kêns",[2] was 'n alkoholis en het ook ander sielkundige probleme gehad. Sy is later opgeneem in 'n psigiatrise instelling.[3] Nelligan het die London South Collegiate Institute in London, Ontario, bygewoon waar sy bekend was as “Trish”,[4] en het daarna gestudeer aan Glendon College in Toronto. Sy was egter nie suksesvol in haar studies nie en het nie gegradueer nie.[5] Sy het hierna na Londen, Engeland verhuis waar sy studeer het aan die Central School of Speech and Drama.[6]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]In Augustus 1972 het Nelligan haar professionele verhoogloopbaan van stapel gestuur as 'n "snaakse en oortuigende" Corie in die Bristol Old Vic se opvoering van Barfoot in the Park deur Neil Simon.[6] By die Bristol Old Vic-ateljee het sy die daaropvolgende April die rol van Leila gespeel in The Screens, 'n verkorte weergawe deur Howard Brenton van Jean Genet se Les Paravents.[7] Op televisie het sy in 'n gereelde rol verskyn in die Britse televisiereeks The Onedin Line. In 1974 is sy na Londen genooi om die rol van Jenny te speel in David Hare se toneelstuk Knuckle by die Comedy Theatre, gevolg deur 'n seisoen saam met die National Theatre as Ellie in Heartbreak House. In 1975 verskyn sy teenoor Anthony Hopkins in die televisiestuk The Arcata Promise, gevolg deur die televisie-teaterweergawe van The Count of Monte Cristo wat die room van Britse en Amerikaanse akteurs bevat het. Dieselfde jaar is haar eerste vollengtefilm, The Romantic Englishwoman, vrygestel.
In 1977, weer saam met die National Theatre, het Nelligan 'n briljante vertolking gegee van Marianne, naas Stephen Rea, in Ödön von Horváth se Tales from the Vienna Woods met regie deur Maximilian Schell.[8] In dieselfde jaar het sy die rol vertolk van Rosalind in As You Like It, met regie deur Trevor Nunn, naas Peter McEnery in die Royal Shakespeare Theatre en die volgende jaar in Londen.[9] Sy het die rol opgevolg met Plenty, ook deur die dramaturg David Hare, by die National Theatre. Vir die vertolking ontvang sy die Evening Standard Theatre-toekenning vir "Beste Aktrise" vir 1978. Sy was ook die naasbeste keuse vir "Beste Aktrise in 'n Nuwe Toneelstuk" tydens dié seisoen se Olivier-toekennings.[10][11] Sy het 'n soortgelyke rol vertolk teenoor Bill Paterson in Hare se bekroonde toneelstuk, Licking Hitler, vir BBC-televisie.
Nelligan was in 1978 weereens op die skerm, en het die rol van Isabella vertolk in BBC Television Shakespeare se vervaardiging van Measure for Measure, wat die New York Times genoop het om haar opvoering te beskryf as die verskaffing van "die beeld van geïdealiseerde foutloosheid".[12] In 1979 speel sy die vroulike hoofrol saam met Frank Langella en Laurence Olivier in Dracula. In 1981 het sy teenoor haar landgenoot Donald Sutherland gespeel in Eye of the Needle, 'n spioenasieriller wat in die oorlogsjare afspeel en gebaseer is op Ken Follett se topverkoperroman. Twee jaar later het Nelligan na New York Stad verhuis, waar sy drie keer benoem is vir die Tony-toekenning vir Beste Prestasie deur 'n Leidende Aktrise in 'n Toneelstuk (vir onderskeidelik Plenty in 1983, A Moon for the Misbegotten in 1984 en Spoils of War in 1989), en een keer as Hoofaktrise in 'n Toneelstuk (vir Serious Money in 1988). Sy het tussen 1983 en 1989 in 'n totaal van vyf Broadway-toneelstukke verskyn.[13]
In 1991 het Nelligan die BAFTA gewen vir "Beste aktrise in 'n Ondersteunende Rol" vir haar vertolking in Frankie and Johnny.[14] Vir haar vertolking in die 1991-rolprent The Prince of Tides is sy genomineer vir die Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise.[15] Tussen 1987 en 2004 is sy genomineer vir vyf Gemini-toekennings vir haar rolle in Kanadese televisie-minireekse en rolprente. Sy het die toekenning twee keer ontvang, albei in 1993.[16] In 1996 het sy die vrou van James Mink gespeel in die CBS-televisiefilm Captive Heart: The James Mink Story.
Filmografie
[wysig | wysig bron]Film
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1975 | The Romantic Englishwoman | Isabel | |
1979 | Dracula | Lucy Seward | |
1980 | Crossover | Peabody | |
1981 | Eye of the Needle | Lucy Rose | |
1983 | Without a Trace | Susan Selky | |
1985 | Eleni | Eleni Gatzoyiannis | |
1987 | Control | Sarah Howell | |
1990 | White Room | Jane | |
1991 | Frankie and Johnny | Cora | |
1991 | Shadows and Fog | Eve | |
1991 | The Prince of Tides | Lila Wingo Newbury | |
1993 | Fatal Instinct | Lana Ravine | |
1994 | Wolf | Charlotte Randall | |
1995 | Margaret's Museum | Catherine MacNeil | |
1995 | How to Make an American Quilt | Constance Saunders | |
1996 | Up Close & Personal | Joanna Kennelly | |
1998 | U.S. Marshals | US Marshal Catherine Walsh | |
1998 | Boy Meets Girl | Mrs. Jones | |
1999 | The Cider House Rules | Olive Worthington | |
2007 | Premonition | Joanne |
Televisie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1971 | Great Performances | Laura | "The Arcata Promise" |
1973 | The Edwardians | Alice Keppel | "Daisy" |
1973 | Country Matters | Christie Davenport | "The Four Beauties" |
1973–74 | The Onedin Line | Leonora Biddulph | Herhalende rol |
1974 | ITV Sunday Night Drama | Laura | "The Arcata Promise" |
1975 | The Count of Monte Cristo | Mercedes | TV-film |
1976 | The Lady of the Camellias | Marguerite Gautier | "1.1", "1.2" |
1977 | The Sunday Drama | Ann | "Treats" |
1977 | Play for Today | Hilary | "Do as I Say" |
1978 | Play for Today | Anna Seaton | "Licking Hitler" |
1979 | Measure for Measure | Isabella | TV-film – BBC Shakespeare series |
1980 | Thérèse Raquin | Thérèse Raquin | TV-minireeks |
1980 | Play for Today | Caroline | "Dreams of Leaving" |
1980 | Forgive Our Foolish Ways | Vivien Lanyon | TV series |
1982 | Victims | Ruth Hession | TV-film |
1987 | Kojak: The Price of Justice | Kitty | TV-film |
1989 | Love and Hate: The Story of Colin and JoAnn Thatcher | JoAnn Thatcher | TV-film |
1991 | American Playhouse | Barbara Hoyle | "Three Hotels" |
1991 | Performance | Kate | "Old Times" |
1992 | Road to Avonlea | Sydney Carver | "After the Honeymoon" |
1992 | Pour le meilleur et pour le pire | Kay | TV-film |
1992 | The Great Diamond Robbery | Holly Plum | TV-film |
1992 | Heritage Minutes | Emily Murphy | "Emily Murphy" |
1993 | Liar, Liar: Between Father and Daughter | Susan Miori | TV-film |
1993 | Shattered Trust: The Shari Karney Story | Stephanie Chadford | TV-film |
1994 | Golden Fiddles | Anne Balfour | TV-minireeks |
1994 | In Spite of Love | Elise | TV-film |
1994 | Million Dollar Babies | Helena Reid | TV-minireeks |
1995 | A Mother's Prayer | Sheila Walker | TV-film |
1996 | Captive Heart: The James Mink Story | Elizabeth Mink | TV-film |
1996 | Calm at Sunset, Calm at Dawn | Margaret Pfeiffer | TV-film |
1999 | Love Is Strange | Kathryn McClain | TV-film |
1999 | Swing Vote | Regter Sara Marie Brandwynne | TV-film |
2000 | Blessed Strangers: After Flight 111 | Kate O'Rourke | TV-film |
2001 | Walter and Henry | Elizabeth | TV-film |
2003 | A Wrinkle in Time | Mrs. Which | TV-film |
2004 | Human Cargo | Nina Wade | TV-minireeks |
2006 | In from the Night | Vera Miller | TV-film |
2008 | Eleventh Hour | Gepetto | "Resurrection" |
2010 | Law & Order: Special Victims Unit | Regter Sylvia Quinn | "Ace", "Gray" |
Broadway toneelstukke
[wysig | wysig bron]- Plenty (1983)
- A Moon for the Misbegotten (1984)
- Serious Money (1988)
- Spoils of War deur Michael Weller, Music Box Theatre New York (1988)
- Love Letters (1989)
- An American Daughter (1997)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kate Nelligan profiel, filmreference.com. Opgespoor op 16 Februarie 2015.
- ↑ Bored with being a lady, actress Kate Nelligan gets down to earthy People Weekly, 27 Januarie 1992.
- ↑ "Kate Nelligan Biography – Yahoo! Movies".
- ↑ "Lion's Pride Winter 2003" (PDF). South Alumni. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 Maart 2023. Besoek op 1 Desember 2023.
- ↑ Senior Executive Cites Liberal Arts Education for Success Geargiveer 8 Januarie 2017 op Wayback Machine Glendon
- ↑ 6,0 6,1 Plumley, C. Murray (24 Augustus 1972). "On this week at Bristol". The Stage. p. 18.
- ↑ "The Screens". The Stage. 5 April 1973. p. 17.
- ↑ Barber, John (30 April 1979). "Attacking the NT with ink-balls". The Times. Londen. p. 10.
- ↑ "RSC Performances AYL197709 - As You Like It | Shakespeare Birthplace Trust". collections.shakespeare.org.uk. Shakespeare Birthplace Trust.
- ↑ "The Nominees and Winners of The Laurence Olivier Awards for 1978". Official London Theatre Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2008. Besoek op 4 Desember 2007.
- ↑ "Evening Standard theatre awards: 1955-1979". Evening Standard (in Engels). 10 April 2012.
- ↑ "Measure for Measure", Liner notes, The Shakespeare Collection, BBC DVD, originally broadcast February 18, 1979.
- ↑ "Kate Nelligan Broadway" Playbill. (vault). Opgespoor op 11 Maart 2016
- ↑ [http: //www.allmovie.com/movie/frankie-and-johnny-v18496/awards "'Frankie en Johnny' Awards"] allmovie.com. Opgespoor op 12 Maart 2016
- ↑ [http: //www.tcm.com/this-month/article/474214%7C473925/The-Prince-of-Tides.html The Prince of Tides] tcm.com. Opgespoor op 11 Maart 2016
- ↑ [http: //www.academy.ca/About-the-Academy/Awards-Database?flow=person&step=1&byp-award-v=0&byp-winners-v=False&byp-name-v=Kate%20Nelligan&catf=20097 "Gemini Awards, Kate Nelligan"] "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2016. Besoek op 1 Desember 2023.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) academy.ca. Opgespoor op 11 Maart 2016