Kees van der Staaij

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kees van der Staaij
Kees van der Staaij

Kees van der Staaij in 2011


Parlementêre leier van die SGP in die Tweede Kamer
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
10 Mei 2010
Voorafgegaan deur Bas van der Vlies

Lid van die Tweede Kamer
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
19 Mei 1998

Persoonlike besonderhede
Geboorte 12 September 1968 (1968-09-12) (47 jaar oud)
Vlaardingen, Nederland
Politieke party SGP
Eggenoot/eggenote Marlies van Ree
Alma mater Leiden Universiteit
Religie Oud Gereformeerde Kerke in Nederland

Cornelis Gerrit (Kees) van der Staaij (gebore 12 September 1968 in Vlaardingen) is 'n Nederlandse juris en politikus.

Van der Staaij het regte aan die Universiteit Leiden gestudeer en is lid van die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP). Daarvoor was hy werksaam by die Raad van State, die belangrikste Buro vir Advies van die koning en sy ministers in Nederland. Sedert 19 Mei 1998 is hy 'n lid van die Tweede Kamer. Sedert 27 Maart 2010 is hy partyleier en sedert 10 Mei 2010 ook parlemêntere verteenwoordiger.

Kees van der Staaij is getroud en het twee aangenome kinders. Hy is 'n lid van die Oud Gereformeerde Gemeentes in Nederland en woon in Benthuizen.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]