Kiepie en Kandas
Kiepie en Kandas | |
---|---|
Regisseur | Jan Scholtz |
Draaiboek | Jan Scholtz |
Met | Ryno Hattingh Debbie Labuschagne |
Uitgereik | 1980 |
Speeltyd | 90 minuute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Kiepie en Kandas is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1980 uitgereik is. Die regisseur was Jan Scholtz. Ryno Hattingh vertolk die rol van Kandas en Debbie Labuschagne die van Kiepie.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Ryno Hattingh as Kandas
- Debbie Labuschagne as Kiepie
- Willie van Rensburg
- Alex Heyns as Kandas se oupa
- Schalk Jacobsz
- Pierre Knoessen as lui mede-student
- Friedrich Stark
- Mieder Olivier
- Zack du Plessis as die kwaai dosent op Tuks
Storielyn
[wysig | wysig bron]Kandas (Ryno Hattingh) is 'n derdejaar-student met Latyn en Engels as hoofvakke. Kiepie (Debbie Labuschagne) is ook student en gimnas van formaat. Kiepie en Kandas is sedert hul kinderjare verlief op mekaar maar verloor kontak totdat Kandas haar per ongeluk met sy verslonste studentekombi omry.
Die herontmoeting sorg vir baie kapperjolle, maar op die ou end ook vir baie hartseer, want Kiepie is verloof aan die stylvolle maar uitgeslape advokaat, Louis Swart. Toe sy besef dat Kandas weer sy plek in haar hart verower het is haar toekoms grys.