Klein-Nefkarivier
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Klein-Nefka)
Klein-Nefkarivier (Ма́лая Не́вка) | |
---|---|
Die Malaja Nefka in Sint Petersburg. | |
Monding | Groot-Newarivier in die Golf van Finland |
Stroomgebied | Sint Petersburg, Rusland |
Lengte | 5 km |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 224 m³/s |
Die Klein-Nefkarivier of Malaja Nefka (Russies: Ма́лая Не́вка) is die suidelike sytak van die Bolsjaja Nefka. Laasgenoemde verdeel naby die mees suidelike punt van Kamenni-eiland in Sint Petersburg in die Malaja Nefka (die suidelike tak) en die Srednaja Nefka (die noordelike tak).
Die rivier is sowat 5 km lank en tot 7 meter diep, en die breedte wissel van 120 tot 300 meter. Sy sytakke is die Krestofka, Karpofka en Zjdanofka.
Daar is vier brûe oor die Malaja Nefka: Kamennoostrofski-, Lazarefski-, Groot Krestofski- en Groot Petrofski-brug.