Kloning

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Baie organismes, insluitende bome, reproduseer deur kloning

Kloning is die proses om geneties identiese individue van 'n organisme, natuurlik of kunsmatig, te produseer. In die natuur produseer baie organismes nuwe klone deur ongeslagtelike voortplanting. Kloning in biotegnologie verwys na die proses om klone van organismes of kopieë van selle te skep of DNS fragmente (molekulêre kloning). Buiten biologie, verwys die term na die produksie van veelvuldige kopieë van digitale media of sagteware.

Die term kloon, beskryf deur ene John B.S. Haldane, is afgelei van die antieke Griekse woord κλών klōn, "tak", wat verwys na die proses waardeur 'n nuwe plant uit 'n tak geskep kan word.

Dolly die skaap[wysig | wysig bron]

Die taksidermieliggaam van Dolly
Dolly kloon

Dolly was die eerste soogdier wat suksesvol gekloneer is vanaf 'n volwasse somatiese sel. Dolly is gevorm deur 'n sel van die uier van haar 6-jarige biologiese moeder te neem, en verder te inkubeer.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Rantala, Milgram, M., Arthur (1999). Cloning: For and Against. Chicago, Illinois: Carus Publishing Company. p. 1. ISBN 978-0-8126-9375-1.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]