Koerier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Koerier is 'n persoon wat pakkette en pos aflewer. Gewoonlik word goedere per koerier gestuur vroeër afgelewer as wat dit sou in die geval van konvensionele pos. Daar word meestal van vragwaens en vliegtuie gebruik gemaak, maar in stede gebruik koeriers ook fietse en skoeters. Huurmotors word ook soms ingespan om koerierdienste te lewer.

Daar is wêreldwyd vele koerierdienste, waarvan United Parcel Service (UPS) die grootste is. In Europa is TNT NV en DHL die markleiers.

Geskiedenis[wysig]

Voordat daar 'n sisteem van posbesorging bestaan het, is briewe en pakkette deur mense gestuur wat koeriers genoem kan word. Die eerste gedokumenteerde gebruik van 'n georganiseerde koerierdiens vir die stuur van briewe is in Antieke Egipte. In 2400 v.C. het die farao's koeriers gebruik om hul reëls en wette in hul gebied te versprei. Dit het ongetwyfeld 'n oorsprong in die gebruik van mondelinge oordrag gehad, en sou op 'n bestaande infrastruktuur gebaseer kon wees.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.