Kogelberg-natuurreservaat
Voorkoms
Kogelberg-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Somerset-Wes |
Koördinate: 34°12′7″S 18°51′5″O / 34.20194°S 18.85139°O | |
Oppervlak | 3 000 ha |
Kogelberg-natuurreservaat, 3000 ha groot, is 'n belangrike natuurreservaat bevattende die Kogelbergreeks, oos van Kaapstad in Suid-Afrika.
Die gebied bevat 'n plantkundige verskeidenheid van meer as 1 600 verskillende spesies, wat moeilik elders in die wêreld oortref kan word.[1]
Bergfynbos en valleibos word hier bewaar, onder andere spesies van erikas, sewejaartjies asook sekere proteas.
Reën kom gewoonlik in die winter in die gebied voor. Die middel van die somer is die droogste tyd wanneer daar warm bergwinde kan waai.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "City of Cape Town Nature Reserves. Free Booklet" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 November 2010. Besoek op 4 April 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |