Gaan na inhoud

Kombinasiewoord

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Kombinasiewoord of kofferwoord, is 'n neologisme waarin twee of meer bestaande woorde gekombineer word om 'n nuwe betekenis te vorm wat bestaan uit betekeniselemente van alle oorspronklike woorde. Dit verskil hierin van 'n kontaminasie, waarin woorde toevallig verenig word wat in betekenis ooreenstem.

'n Kombinasiewoord kombineer dus beide die klank en die betekenis van al sy samestellende woorde op 'n nuwe manier. Dikwels speel ander stylfigure soos sametrekking ook 'n rol. Soms word hulle uit vroeëre kombinasiewoorde gevorm.

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]