Krisjna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die Hindoegod. Vir die rivier in Indië, sien Krisjna (rivier).
Krisjna (Kṛṣṇa)
'n Murti van Krisjna in die Sri Mariamman-tempel, Singapoer.
'n Murti van Krisjna in die Sri Mariamman-tempel, Singapoer.
God van Medelye, liefde, kennis, skoonheid
Devanagari  कृष्ण
Affiliasie  Svayam Bhagavan, Paramatman
Woonplek  Goloka Vrindavana, Gokula, Dwarka
Mantra  Om Namo Narayanaye, Om Namo Bhagavate Vasudevaye, Om Vishnave Namah, Hare Krishna Mantra
Wapen  Sudarshana chakra, kaumodaki
Metgesel  Rukmini, Satyabhama, Jambawati, Kalindi, Mitrawinda, Nagnajiti, Bhadra, Lakshmana, Radha
Rydier  bees
Krisjna vertoon sy Wisjwaroepa (universele vorm) aan Arjuna op die slagveld van Kuruksjetra

Krisjna of Krishna (Sanskrit: कृष्ण [ˈkr̩ʂɳə] , Gujarati: કૃષ્ણ. Kr̥ṣṇa, letterlik: "swart" of "blou") is 'n Hindoeïstiese godheid wat dikwels aanbid word as die agtste avatar van Wisjnoe. Vir sy volgelinge is hy die inkarnasie van die opperwese.

Die Hindoeïstiese heilige skrifte beskryf Krisjna se gelaatskleur as vergelykbaar met 'n onweerswolk. Hy het dikwels 'n fluit, die bansoeri, by hom en dra 'n pouveer in sy hare. Alhoewel hy nie geskiedkundig beskou word as iemand wat werklik geleef het nie, gaan Hindoes van die standpunt uit dat dit wel die geval is en ondersoek Hindoelogie getuienis vir sy bestaan.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]