Godheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Asteekse songod, Tonatiuh.

’n God of godheid (vroulik: godin) is ’n hipotetiese bonatuurlike entiteit wat in ’n geloof as ’n magtige, bomenslike wese aanbid word en as verantwoordelik beskou word vir bepaalde aspekte van die werklikheid of vir die werklikheid as ’n geheel. Gode word soms beskou as wesens wat op die aarde lewe, met name van die natuurelemente, of in die hemel of ’n onderaardse wêreld.

In sommige gelowe word net een god aanbid (monoteïsme), soos die Christendom, Islam en die Jodedom, en in ander gelowe is daar meer as een god (politeïsme), soos in die Griekse en Romeinse mitologie en die Hindoeïsme.