Liza Brönner
Liza Brönner | |
---|---|
Liza Brönner in Gordonsbaai | |
Gebore | 11 Desember 1989 Kaapstad, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaans / Engelse pop-country |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, akteur |
Jare aktief | 2009 – nou |
Etikette | EMI 2009–2011,
Hit Records 2011–2013, 2Brothers Entertainment (Pty) Ltd 2013 – present |
Assosiasies | Bobby van Jaarsveld, Ricus Nel, Hanna Grobler, André Schwartz, Nadia Beukes, Soli Philander, Marlee van der Merwe, Phillip Moolman, Cindy Alter (Clout), Sonja Herholdt, Edrien Erasmus, Cobus Venter, Zak Hendrikz, Doreen Coetzee, Reynard Slabbert, Jaco Muller and Hendri Myburgh |
Webwerf | www.lizabronner.co.za |
Liza Brönner (11 Desember, 1989, Kaapstad, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI). Haar derde album, Vir eers is dit net ek... is op 1 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.) In Mei 2013 wen Brönner 'n werklikheidsprogram wat 'n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer 'n puik vertolking van die hoofrol, "Liefling" teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.
Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, "Vir eers is dit net ek" het 2Brothers Entertainment haar nuwe album, "Jy het my gevind" aangekondig.
Desember 2014 - "Liefling" teater produksie by die Teatro, Montecasino. Die 1ste Afrikaanse musiekblyspel by die Teatro. Liza speel die rol van "Liefling" teenoor Bobby van Jaarsveld.
Getroud met
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Diskografie
[wysig | wysig bron]- Onderstebo, 2009[3]
- Asemloos, 2010[4]
- Vir eers is dit net ek, 2011[5]
- Jy het my gevind, 2013[6]
- Nuwe Enkelsnit "Sit jou hand op jou mond", 2014
Musiek Video Lys
[wysig | wysig bron]- Jy het my gevind
- Asem jou in
- Waar jou soene hoort
- Hier by my
- Clout – Substitute [7] (Duet met Cindy Alter)] [8]
- Alles in 'n hartklop
- Sonder jou met Louis Fivas [9]
Filantropie
[wysig | wysig bron]Liza is betrokke by die Hanna Charity and Empowerment Foundation waar hul missie is om met die arm en gemarginaliseerde mense van Suid-Afrika hande te neem. Hulle bied persoonlike aandag en direkte voordele vir die kinders, die jeug, oumense en hul families sodat hulle met waardigheid kan leef, hul gewenste potensiaal te bereik en ten volle deel te neem in die samelewing.
- Hanna Charity saam met Liza Bronner by Margaretha Ackerman Ouetehuis
- Hanna Charity en Liza Bronner sing Blinkvosperd by Margaretha Ackerman Ouetehuis
Media
[wysig | wysig bron]- "Liefling Liza loop oor van vreugde" deurBeeld (Lourensa Eckard) Digitaal op 04 June 2013
- "Hoekom jy Liefling móét gaan kyk" deur Huisgenoot (Wicus Pretorius) Digitaal op 07 June 2013[dooie skakel]
- "Jy is my liefling" - Realiteits program Kyknet
- "Album van die week: Jy het my gevind deur Liza Brönner" deur Huisgenoot (Naudé van der Merwe) Digitaal op 14 October 2013 Geargiveer 1 Februarie 2014 op Wayback Machine
- "Kersfees Skouspel terug" by Carnival City (Lefra Productions) 11/29/2013
- "Liza Interview" deur NET NEWS (Ken Belter)
- "Hier by my CD Vrystelling" deur Kyknet (Bravo)
- "Hier by my CD Vrystelling" deur (Jacatainment TV)
"Liefling" Teatro Montecasino
- "LIEFLING" in teater by die Teatro Montecasino
- "Liefling die Musiekblyspel in teater by die Teatro Montecasino"
- "Liefling die Musiekblyspel in teater by die Teatro Montecasino"
- "Liefling die Musiekblyspel" Geargiveer 22 Desember 2014 op Wayback Machine deur Vrouekeur
- "Liefling is 'n treffer!" Geargiveer 20 Desember 2014 op Wayback Machine deur Kyknet (Sune Lotter)
- "Liefling" deur BLCK TV
- Review: Liefling Geargiveer 20 Desember 2014 op Wayback Machine deur B Sharp Entertainment (Chris Avant-Smith)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Liefling (die rolprent
- ↑ "Ricus Nel en Liza Bronner se liefdesverhaal" (in Engels). JA.FM. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Maart 2014.
- ↑ [Liza Brönner "Onderstebo" CDEMIM 346]
- ↑ [Liza Brönner "Asemloos" CDEMIM 358]
- ↑ [Liza Brönner "Vir eers is dit net ek..." HIT003]
- ↑ [Liza Brönner "Jy Het My Gevind" 6009694028776]
- ↑ Substitute (The Righteous Brothers song)
- ↑ Cindy Alter (Clout)
- ↑ "Prikkel jou Sintuie, Lewendig by die Liedjieboer (Hit Records)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 13 Februarie 2014.