Lou Andreas-Salomé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lou Andreas-Salomé
Lou Andreas-Salomé - Foto Atelier Elvira.jpg
Gebore12 Februarie 1861
Sterf5 Februarie 1937
NasionaliteitVlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar
BeroepSkryweres

Lou Andreas-Salomé (gebore op 12 Februarie 1861, Sint Petersburg, Rusland; sterf op 5 Februarie 1937, Göttingen, Duitsland) was ‘n Russies-Duitse skryweres wat onthou word om haar vriendskappe met die groot mans van haar era.

Salomé was die dogter van ‘n Russiese leëroffisier wat van die Franse Hugenote afgestam het. Sy het teologie gestudeer by die Universiteit van Zürich. In 1882 het die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche verlief geraak op haar, maar sy het egter Nietzsche se voorstel van ‘n huwelik verwerp. In 1887 het sy met die Orientalistiese Friedrich C. Andreas, ‘n professor by die Universiteit van Göttingen getrou. In 1897 het sy die digter Rainer Maria Rilke ontmoet wat veertien jaar jonger as sy was en ook op haar verlief geraak het. Sy sou een van die formatiewe invloede op Rilke se lewe word. In 1911 is sy geassosiëer met die Weense sirkel van psigoanaliste, en sy was ook ‘n vriendin en dissipel van Sigmund Freud. Behalwe vir romans, sluit haar werke ‘’Friedrich Nietzsche in seinen Werken’’ (1894; “Friedrich Nietzsche in Sy Werke”), ‘’Rainer Maria Rilke’’ (1928), en ‘’Mein Dank an Freud’’ (1931; “My Dank aan Freud”) in. Haar korrespondensie met Rilke was in 1952 gepubliseer.[1]


Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Andreas-Salomé, Lou." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.