Louis van Rensburg
Louis van Rensburg | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 31 Julie 1944 |
Sterf | 9 September 2012 (op 68) Johannesburg |
Genres | Ligte musiek, jazz |
Beroep(e) | Sanger, komponis, liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, mondfluitjie, kitaar |
Jare aktief | 1973–2012 |
Webwerf | louisvanrensburg.co.za |
Louis van Rensburg (* 31 Julie 1944 – † 9 September 2012) was ’n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir 'n enkeling, waaronder die liedjie "Voshaarnooi". Hy het ook klankbane vir verskeie ander TV-reekse soos Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie-Walie, Geknelde land, Meester en Arende geskryf. Meer onlangs het hy die temamusiek vir die sepie 7de Laan geskryf.[1]
Van Rensburg is op die ouderdom van 68 oorlede nadat hy ’n maand vantevore in die Garden City-kliniek in Johannesburg met longontsteking opgeneem is.[2] Hy laat sy vrou, Rita en twee seuns, Louis en Jacques agter.
Albums
[wysig | wysig bron]Van Rensburg se albums:[3]
- Solus Sewe (1973)
- Diverse Opnames (1974–1994)
- Ek ken ’n Melodietjie (1975)
- Ek en my Nooientjie (1976)
- Bosveldwinkel (1980)
- Katvoet (1981)
- Bosveldhotel, die moevie (1982)
- Windharp teen die tyd (1983)
- Oom Lewies se Bosveldmusiek (1985)
- Ballade vir ’n Enkeling (1986)
- Voshaarnooi(1987)
- My Musiek (1992)
- Ballade vir ’n Enkeling 2 (1993)
- Arende – Transkripsie (1994)
- Arende – Select (1994)
- Endangered Species (1995)
- Jy mag maar (1999)
- 7de Laan (2000)
- Tuiskoms (2012)
Hy het ’n SAMA-toekenning vir sy album Jy mag maar ingepalm.
Liedjies
[wysig | wysig bron]Van sy bekendste liedjies is Voshaarnooi, Op My Ou Ramkietjie en Bella Boklam.
Ballade vir 'n Enkeling | Voshaarnooi |
---|---|
Die woorde van Richard van der Westhuizen se liedjie Ballade vir 'n Enkeling lui as volg: (Louis en Richard het saamgewerk aan die klankbaan van die reeks.)[4]
|
Die woorde van Voshaarnooi, sy toonsetting van Boerneef se gedig:[5]
|
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Bekende Afrikaanse sanger-liedjieskrywer sterf, Nuus24, 10 September 2012
- ↑ Bekende sanger oorlede Geargiveer 13 September 2012 op Wayback Machine, Volksblad, 9 September 2012
- ↑ louisvanrensburg.co.za[dooie skakel], besoek op 10 September 2012
- ↑ musiek.co.za Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 10 September 2012.
- ↑ Die Oerknal van die liefde, besoek op 10 September 2012
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Louis van Rensburg in die Internet-rolprentdatabasis
- Huldeblyk op SAUK2-nuus op YouTube
- Van Rensburg sing Voshaarnooi op YouTube
- Temalied van Arende, soos deur Van Rensburg gekomponeer op YouTube
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Louis van Rensburg.