Lughawe Wene-Schwechat
Lughawe Wene-Schwechat Flughafen Wien-Schwechat | |||
---|---|---|---|
IATA: VIE – ICAO: LOWW | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Flughafen Wien AG | ||
Bedien | Wene, Oostenryk; Bratislava, Slowakye | ||
Ligging | Schwechat naby Wene | ||
Geopen | 1954 | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 179 m / 587 vt | ||
Koördinate | 48°06′39″N 16°34′15″E / 48.11083°N 16.57083°O | ||
Webtuiste | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
11/29 | 3 500 | 11 483 | Teer |
16/34 | 3 600 | 11 811 | Teer |
Statistieke (2016) | |||
Passasiers | 23 352 016 2,5% | ||
Lugbewegings | 226 811 -0,2% |
Die Lughawe Wene-Schwechat (Duits: Flughafen Wien-Schwechat; Engels: Vienna International Airport; IATA: VIE, ICAO: LOWW) is die grootste en bekendste lughawe in Oostenryk. Dit dien as basis en spilpunt vir die lugrederye Austrian Airlines ('n dogteronderneming van die Duitse Lufthansa), Eurowings Europe en NIKI ('n dogteronderneming van Air Berlin).
Die lughawe is geleë in die stadsgebied van Schwechat, sowat 18 km suidoos van die middestad van Wene, en is oorspronklik in 1938 as militêre lughawe in bedryf gestel. Ná die Tweede Wêreldoorlog het hy Aspern as Wene se lughawe vervang.
Wene-Schwechat is veral 'n spilpunt vir lugrederye wat roetes na Oos-Europa en die Nabye Ooste bedien. In 2016 het 74 lugrederye vanuit Schwechat roetes na 186 bestemmings in 72 lande wêreldwyd bedien. Die lughawe, wat deur die aandelemaatskappy Flughafen Wien AG bedryf word, is die belangrikste werkgewer in die ooste van Oostenryk.