Luigi Galvani

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Luigi Galvani
Luigi Galvani, oil-painting.jpg
Luigi Galvani; geneesheer bekend vir sy pionierswerk in bio-elektrisiteit

Gebore 8 September 1737
Bologna, Italië
Oorlede 4 Desember 1798 (op 61)
Bologna
Bekend vir Bio-elektrisiteit (diere-elektrisiteit)

Luigi Aloisio Galvani (/ɡɑːlˈvɑːni/; Italiaans: [ɡalˈvaːni]; Latyn: Aloysius Galvanus; 8 September 17374 Desember 1798) was 'n Italiaanse geneesheer, fisikus, bioloog en filosoof. Hy het die elektriese ladings in dierlike liggame ondersoek. Hy word erken as die pionier van bio-elektromagnetisme. Hy het ook vir Alessandro Volta, sy teenstander en kompetisie, beïnvloed om die eerste elektriese sel te ontwikkel en na wie die volt vernoem is.

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Galvani is op 8 September 1737 in Bologna, Italië gebore. Soos baie ander 18de-eeuse boorlinge wat later groot natuurwetenskaplikes geword het, het hy die teologie bestudeer. Hy het besluit om geneeskunde as loopbaan te kies, en binne hierdie uitgebreide vakgebied het hy hom gespesialiseer op die anatomie (die studie van die vorm en die bou van die menslike liggaam.).

Hy was reeds op 25 jarige ouderdom hoogleeraar in anatomie aan die Universiteit van Bologna.Hy was vol geesdrif vir sy vakgebied en 'n toegewyde navorser maar baie versigtig en krities. In 1789 het hy ontdek dat die spiere van 'n dooie padda se been beweeg wanneer daar 'n elektriese skok daardeur gaan, 'n waarneming wat hy eers in 1791 wêreldkundig gemaak het met publikasie van sy studie. Alessandro Volta, hoogleeraar in fisika aan die Universiteit van Padua het dit ontleed en betwis. Dit het aanleiding gegee tot Volta se deurbraak in 1799 om te bewys dat twee verskillende metale elektriese energie kan lewer as hulle deur middel van 'n suur met mekaar in verbinding gebring word.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]