MMA
MMA (mixed martial arts in Engels, oftewel gemengde vegkuns in Afrikaans), is ’n vollekontak-vegsport wat ’n kombinasie is van onder andere boks, karate, judo, stoei en jiu-jitsu. Vuishoue, skoppe, gooie en bindingstegnieke word toegelaat en die geveg vind regopstaande plaas sowel as lêend op die krytvloer.
Hoewel die gevegte in ’n kryt plaasvind wat omring is deur ’n heining, moet dit onderskei word van ongereguleerde hokgevegte (cage fighting) wat nie ’n erkende, georganiseerde sport is nie.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die sport word vergelyk met die antieke sport pankration[1] wat sedert 648 v.C. by die Olimpiese Spele beoefen is, aangesien die sport ’n kombinasie van boks en stoei is.[2]
In moderne tye het atlete van die verskillende vegkunste soos boks, stoei en karate dikwels hul vaardigheid teen mekaar getoets in kompetisies, maar dit was met die vestiging van die UFC in 1993 in Amerika dat die georganiseerde sport gevestig is soos dit vandag beoefen word.[2]
Die reëls
[wysig | wysig bron]Sedert 2009 het die Amerikaanse organisasie in beheer van bokskommissies (The Association of Boxing Commissions, ABC) en MMA standaardreëls opgestel.[3] Hierdie reëls word algemeen aanvaar as die wêreldstandaard deur die meeste MMA-organisasies, insluitend die 19 lande wat tot die Internasionale Federasie vir Gemengde Vegkuns (IMMAF) behoort.[4]
Oorwinning
[wysig | wysig bron]’n Oorwinning kan behaal word op die volgende maniere:[3]
- Die meeste punte toegeken deur die beoordelaars ná die voorgeskrewe aantal rondtes
- As die wedstryd beëindig word deur die skeidsregter (gewoonlik as ’n deelnemer hom nie langer kan verdedig nie) of deur die toernooidokter (as gevolg van ’n besering)
- ’n Oorgawe (submissie), aangedui deur met die hand te tik op die liggaam van die opponent of op die krytvloer, of mondelinge submissie
- Die ingooi van die handdoek deur die vegter se hoekbeampte
- ’n Uitklophou
Ten einde ernstige beserings te verminder, is skeidsregters gemagtig om ’n oorwinning te verklaar sodra die teenstander homself weens ’n reeks houe nie meer kan verdedig nie of as die teenstander in ’n greep vasgevang is wat tot ’n ernstige besering kan lei, byvoorbeeld ’n gebreekte arm.
Vuilspel
[wysig | wysig bron]Enige van die volgende aksies word gestraf:[3]
- ’n Skop of kniehou teen die teenstander se kop as hy op die vloer is
- Trap op ’n teenstander op die krytvloer
- ’n Skop met die hak teen ’n teenstander se niere
- Gooi van ’n teenstander kop of nek eerste teen die krytvloer
- Gooi van ’n teenstander uit die kryt
- Vashou van ’n teenstander se klere
- ’n Stamp met die kop
- Liesaanvalle van enige aard
- ’n Vinger in enige opening of in enige sny of wond
- Manupilasie van vingers of tone
- Houe aan die ruggraat of die agterkant van die kop
- Houe afwaarts met die punt van die elmboog
- ’n Hou teen die keel van enige aard, insluitend, sonder beperkings, die gryp van die lugpyp
- Krap, knyp of draai van die vlees
- Oogkrappery van enige aard
- Byt
- Hare trek
- Vishaak (d.w.s. vingers in die neusgate)
- Gryp van die sleutelbeen
- Spoeg op ’n opponent
- Onaanvaarbare gedrag wat ’n teenstander beseer
- Vashou aan die kryt se toue of heining
- Beledigende taal in die kryt
- ’n Aanval op ’n teenstander wat onder die sorg van die skeidsregter is
- ’n Aanval op ’n teenstander gedurende die rustyd
- ’n Aanval op ’n teenstander nadat die klok gelui het
- Doelbewuste verontagsaming van die skeidsregter
- Vreesbevangendheid, insluitend sonder beperkings, kontakvermyding deur ’n teenstander, die opsetlike verloor van die mondskerm of vervalste beserings
- Inmenging gedurende die geveg deur lede van die vegter se hulpspan
Gewigsklasse
[wysig | wysig bron]Kapokgewig | 57–61 kg |
Veergewig | 61–66 kg |
Liggewig | 66–70 kg |
Weltergewig | 70–77 kg |
Middelgewig | 77–84 kg |
Ligswaargewig | 84–93 kg |
Swaargewig | 93–120 kg |
Superswaargewig | Meer as 120 kg |
MMA in Suid-Afrika
[wysig | wysig bron]MMA is ’n erkende nasionale amateur- en professionele sport in Suid-Afrika onder die beskerming van MASA (Martial Arts and Games Committee of South Africa), wat op sy beurt deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) onderskryf word.[5]
EFC Africa
[wysig | wysig bron]Die belangrikste promotor sedert 2009 vir professionele MMA in Suid-Afrika is EFC Africa (Extreme Fighting Championship)[6] met meer as 100 gekontrakteerde vegters en agt jaarlikse kampioenskappe.[7]
EFC Africa-kampioene
[wysig | wysig bron]Veergewig
[wysig | wysig bron]Vegter | Toernooi | Datum van titelgeveg |
---|---|---|
Demarte "The Wolf" Pena Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 10 | 1 September 2011 |
Wentzel "The Animal" Nel Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 03 | 8 Mei 2010 |
Leo "King" Gloss Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 01 | 12 Nov 2009 |
Liggewig
[wysig | wysig bron]Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Costa Ioannou Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Wentzel Nel Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 03 | 8 Mei 2010 |
Weltergewig
[wysig | wysig bron]Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Michiel Opperman Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 16 | 19 Oktober 2012 |
Jadyson Costa Geargiveer 30 Maart 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 13 | 13 April 2012 |
Dallas Jakobi Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 10 | 1 September 2011 |
Adam Speechly Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Middelgewig
[wysig | wysig bron]Vegter | Toernooi | Datum |
---|---|---|
Jeremy Smith Geargiveer 25 April 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 12 | 2 Maart 2012 |
Garreth "Soldier Boy" McLellan Geargiveer 1 Mei 2013 op Wayback Machine | EFC Africa 08 | 14 April 2011 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Pankration". Wikipedia. Besoek op 14 April 2013.
- ↑ 2,0 2,1 "IMMAF – History of MMA". IMMAF.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2013. Besoek op 14 April 2013.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 "ABC Boxing Association – Unified Rules of MMA". ABCboxing.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2012. Besoek op 14 April 2013.
- ↑ "MEMBERS IMMAF". IMMAF.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2015. Besoek op 14 April 2013.
- ↑ "MASA – Members". MartialArtsSA.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2016. Besoek op 14 April 2013.
- ↑ Beeton, Marissa (28 Mei 2011). "Die Nuwe Gladiators". Rapport. Besoek op 14 April 2013.[dooie skakel]
- ↑ "EFC Africa – Fighters" (in Engels). EFCAfrica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2014. Besoek op 14 April 2013.
Skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Mixed martial arts. |
- EFC Africa
- MASA[dooie skakel]
- IMMAF