Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) (Engels: South African Sports Confederation and Olympic Committee) is 'n nie-winsgewende organisasie wat as die Nasionale Olimpiese Komitee (NOK) en die Nasionale Paralimpiese Komitee (NPK) vir Suid-Afrika dien. Dit is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.[1] Dit is ook die liggaam wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se verteenwoordiging by die Statebondspele. [2]

'n Nasionale Olimpiese Komitee (NOK) is 'n organisasie wat die belange van individuele lande in die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) behartig.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) History”. Suid-Afrikaanse Sport Konfederasie en Olimpiese Komitee. URL besoek op 29 Maart 2011.
  2. (en) South Africa at the Commonwealth Games”. "Commonwealth Games Federation". URL besoek op 22 November 2012.