OS X Mountain Lion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mac OS X v10.8)
Jump to navigation Jump to search
OS X v10.8 “Mountain Lion”
Deel van die OS X-familie
Ontwikkelaar
Apple Inc.
Webblad Amptelike webblad
Vrystellings
Huidige weergawe 10.8.5 (bou 12F45) (3 Oktober 2013; 6 jaar gelede (2013-10-03))
Bronkodemodel Geslote bron (met oopbronkomponente)
Lisensie APSL en Apple EULA
Kerntipe Hibriede
Opdateermetode Mac-toepwinkel
Platforms wat ondersteun word x86-64
Voorafgegaan deur OS X Lion
Opgevolg deur OS X Mavericks
Ondersteuningstatus
Sekuriteitsopdeterings en drukkerdrywers
Verdere leesstof

OS X Mountain Lion[1] (weergawe 10.8) is op 16 Februarie 2012 bekendgestel as die negende groot vrystelling in die Mac OS X reeks van Apple. Dit is geskeduleer om in die laat Suid-Afrikaanse winter van 2012 vrygestel the word.[1] OS X Mountain Lion sal selfs meer van die iOS se eienskappe oorneem, met sommige eienskappe wat reeds in Lion vir die Mac bekendgestel is. Baie toepassings is hernoem of aangepas om ooreen te stem met hul iOS-eweknieë. Die toepassing iCal is byvoorbeeld hernoem na Calendar.[2]

Stelselvereistes[wysig | wysig bron]

As Ontwikkelaarsvoorskou 1, ondersteun Mountain Lion dieselfde hardeware as Lion:

  • x86-64 SVE (Macs met ’n Intel Core 2 Duo, Intel Core i3, Intel Core i5, Intel Core i7 of Xeon-verwerker)[3]
  • Ten minste 2GG RAM[4]
  • Mac OS X v10.6.8[4]
  • Ten minste 8GG oop spasie op die hardeskyf[4]
  • AirDrop word ondersteun op die volgende Macmodelle:[4]
    • MacBook Pro (laat-2008 of nuwer)
    • MacBook Air (laat-2010 of nuwer)
    • MacBook (laat-2008 of nuwer)
    • iMac (vroeg-2009 of nuwer)
    • Mac mini (middel-2010 of nuwer)
    • Mac Pro (vroeg-2009 met Airport Extreme-kaart en middel-2010 of nuwer)

Nuwe of veranderde eienskappe[wysig | wysig bron]

  • Dieper integrasie van iCloud wat nuwe Open- en Stoor-dialoog in iWork-toepassings insluit
  • Outomatiese sinkronisering van dokumente in iWork met iCloud
  • Messages - ’n multi-protokol kitsboodskaptoepassing (wat iChat vervang) met ondersteuning vir die iMessage-diens
  • Reminders - ’n taaklystoepassing, ook op iOS, afsonderlik van iCal[5]
  • Notes - voorheen in iOS en afsonderlik van Mail
  • Share Sheets - ’n "deel"-knoppie en dialoogkassie in Safari en ander toepassings

Game Centre - geleen van iOS

  • AirPlay Mirroring - Afstandsuitsending van OS X werkskerm na Apple TV vir AirPlay
  • Gatekeeper[6] - ’n anti-skaadprogrammatuureienskap gebaseer op digitale handtekeninge en die Mac App Store
  • Integrasie van Twitter[7]
  • Notification Centre - ’n werkskermweerawe soortgelijk aan die een in iOS 5.0 en hoër. Die toepassingopspringers (pop-ups) is gekonsentreer in die hoek van die skerm en die middel self word van die bokant van die skerm afgetrek, net soos in iOS

Hernoemde toepassings[wysig | wysig bron]

  • iCal is hernoem na "Calendar"
  • Address Book is hernoem na "Contacts"

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Apple Inc. (16 Februarie 2012). "Apple stel OS X Mountain Lion Ontwikkelaarsvoorskou bekend met meer as 100 nuwe eienskappe". Persberig. http://www.apple.com/pr/library/2012/02/16Apple-Releases-OS-X-Mountain-Lion-Developer-Preview-with-Over-100-New-Features.html. Besoek op 16 Februarie 2012. 
  2. (en) Gruber, John. "Mountain Lion". Daring Fireball. Besoek op 16 Februarie 2012. Gaan datum na in: |accessdate= (help)
  3. (en) "Mac OS X Lion Roundup: Recovery Partitions, TRIM Support, Core 2 Duo Minimum, Focus on Security". Mac Rumors. 25 Februarie 2011. Besoek op 7 Junie 2011.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Apple – OS X Lion – Tegniese Spesifikasies". Apple. Besoek op 15 Augustus 2011.
  5. (en) Caldwell, Serenity; Frakes, Dan (16 Februarie 2012). "Mountain Lion: Raak prakties met Contacts en Calendar". Macworld. Besoek op 17 Februarie 2012.
  6. (en) Sieger, MG (16 Februarie 2012). "Verrassing! OS X Mountain Lion burl die lewe in (vandag vir ontwikkelaars, vir almal in die somer)". TechCrunch. Besoek op 16 Februarie 2012.
  7. (en) "OS X Mountain Lion - geïnspireer deur iPad. Gemaak vir die Mac". Apple.com. Apple Inc. Besoek op 17 Februarie 2012.