OS X

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
OS X
Mac OS en Unix[1][2][3][4][5][6][7]
OS X El Capitan logo.svg
Ontwikkelaar
Apple
Webblad http://www.apple.com/osx
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling 24 Maart 2001; 15 jaar gelede (2001-03-24)
Huidige weergawe 10.11.1 (Build 15B42) (21 Oktober 2015; 10 maande gelede (2015-10-21))
Bronkodemodel Geslote bron (met oopbron-komponente)
Lisensie Kommersiële eiendom-sagteware
Kerntipe Monolities (XNU)
Taal(e) 34 tale[8]
Opdateermetode Mac App Store (10.8 en later)
Voorheen: Software Update (10.0–10.7)
Platforms wat ondersteun word x86-64 (10.4.7 en later)
Gestaak: IA-32 (10.4.4–10.6.8; IA-32 programme word nog steeds ondersteun op x86-64)
PowerPC (10.0–10.5.8; PowerPC programme word nog steeds ondersteun op x86 met Rosetta tot en met 10.7)
Voorafgegaan deur Mac OS 9
Ondersteuningstatus
Verdere leesstof

OS X, voorheen bekend as Mac OS X, die nuutste weergawe van Mac OS, is 'n bedryfstelsel vir 'n Apple Macintosh rekenaar wat die gewilde eienskappe van die tradisionele Macintosh gebruikerskoppelvlak behou met 'n stabiele oopbron BSD bedryfstelsel in sy kern. Mac OS X is in 2001 vrygestel, eerder as Mac OS X, 10.0. Die nuutste weergawe van Mac OS X, is Mac OS X 10.6, "Snow Leopard" en was op 28 Augustus 2009 bekend gestel.

Daar is verder nog ander eienskappe wat dié bedryfstelsel van ander alternatiewe onderskei: Automator, die nuwe program wat jou toelaat om 'n stel instruksies saam te stel en dan uit te voer, wat die uitvoer van alledaagse take vergemaklik; Dashboard, baie klein, "Mini" programme wat tydelike informasie van die internet af kan kry, soos televisieskedules, fliektye en selfs weersvoorspellings - soortgelyk aan Microsoft Vista se Widgets. Mac OS X is reeds geïnstalleer, op alle nuwe Macintosh rekenaars, en is ook as 'n opgradering aangebied vir die meeste Apple rekenaars, wat 'n iMac G3 spesifikasie of beter het en FireWire ondersteun...(Oorspronklike FireWire PowerBooks uitgesluit).

Daar is ook Mac OS X Server, Die weergawe van Mac OS X vir korporatiewe rakgemonteerde bedieners van Apple - die XServe([1], en XRaid. Dit verskil nie veel van die gewone weergawe nie, maar is net meer gespesialiseer vir die korporatiewe vereistes, en sluit alles in wat 'n besigheidsbediener nodig het- soos vereenvoudigde toegewyde sagteware vir Administratiewe take soos die bestuur van werkgroepe, 'n eposbediener, Samba Server, gidsbediener, en 'n domeinnaambediener.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Mac OS X Version 10.5 on Intel-based Macintosh computers”. The Open Group. URL besoek op 4 Desember 2014.
  2. (en) Mac OS X Version 10.6 on Intel-based Macintosh computers”. The Open Group. URL besoek op 4 Desember 2014.
  3. (en) Apple technology brief on UNIX”. Apple. URL besoek op 5 November 2008.
  4. (en) Mac OS X Version 10.8 on Intel-based Macintosh computers”. The Open Group. URL besoek op 4 Desember 2014.
  5. (en) OS X Version 10.9 on Intel-based Macintosh computers”. The Open Group. URL besoek op 4 Desember 2014.
  6. (en) OS X Version 10.9 on Intel-based Macintosh computers”. The Open Group. URL besoek op 4 Desember 2014.
  7. (en) OS X version 10.11 El Capitan on Intel-based Mac computers”. The Open Group. URL besoek op 23 Oktober 2015.
  8. (en) OS X - How to Upgrade - Apple”. Apple. URL besoek op October 24, 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]