Machadodorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Machadodorp
(eNtokozweni)
Ligging van Machadodorp op 'n kaart (Mpumalanga)
Machadodorp
Machadodorp
 Machadodorp se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°40′S 30°14′O Koördinate: 25°40′S 30°14′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Nkangala
Munisipaliteit Emakhazeni
Oppervlak[1]
 - Dorp 33,17 km²  (12,8 vk m)
Hoogte 1 550 m (5 085 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 8 835
 - Digtheid 266/km² (688,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 89.5%
 • Kleurling 1.4%
 • Indiër/Asiër 0.7%
 • Blank 8.1%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Swazi 45.3%
 • Zoeloe 23.5%
 • Afrikaans 8.8%
 • Ndebele 7.5%
 • Ander 14.9%
Poskode (straat) 1170
Poskode (posbus) 1170
Skakelkode(s) 013
Webwerf: http://www.machadodorp.co.za/

Machadodorp is 'n dorp in die Nkangala-distriksmunisipaliteit van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die naam van die dorp is in 2010 amptelik gewysig na eNtokozweni.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp het begin as 'n spoorwegstasie wat gebou is toe die spoorlyn in 1894 geopen is. Die dorp is op die plaas Geluk van Cornelis Potgieter uitgelê en in 1904 geproklameer. Die dorp is vernoem na Joachim Machado, 'n Portugese ingenieur wat die roete vir die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn in die 1890's opgemeet het en later die goewerneur-generaal van Mosambiek geword het. Die dorp was 'n belangrike uitspannings plek vir die togryers in die dae voor die spoorlyn gebou was.

Na die val van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Machadodorp van 5 Junie tot 27 Agustus 1900 die setel van die Transvaalse regering. Sir Redvers Buller het die dorp na sy welslae by die Slag van Bergendal begin bombardeer wat die Transvaalse regering genoodsaak het om Machadodorp te verlaat.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die ekonomie van die distrik is hoofsaaklik op bees- en skaapboerdery gegrond. Die distrik en omgewing is ook gewild onder forelhengelaars.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Machadodorp”. Sensus 2011.