Magneetkies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Magneetkies
Pyrrhotite Mexique.jpg  
Pyrrhotien uit die Santa Eulalia-myn in Meksiko (7,5x7cm) 
Strukturbericht-kode B8₁
* Lys van minerale

Magneetkies of Pyrrhotien is 'n ongewone ystersulfied-mineraal met 'n varieerbare ysterinhoud: Fe(1-x)S (x = 0 tot 0.2). Die FeS-eindlid is bekend as troiliet. Pyrrhotien word ook beskryf as magnetiese piriet aangesien dit soos piriet gekleurd en swak magneties is. Die magnetisme neem toe volgens die ysterinhoud, terwyl die troiliet nie magneties is nie. Die naam pyrrhotien is afgelei van Grieks pyrrhos, vlamkleurig.[1]

Kristalstruktuur[wysig | wysig bron]

Pyrrhotien is nie-stoigiometries: die Fe:S verhouding kan effens van 1:1 afwyk. Dit kan as Fe1-xS geskryf word. Die eienskappe hang van die waarde van x af, maar algemeen kan gesê word dat dit 'n defek-NiAS-struktuur het bo 'n temperatuur van 138 (x=0) tot 74 °C (x=0.08). Onder hierdie temperatuur het dit 'n supersel met a'= a√3.[2]

Verwysing[wysig | wysig bron]

  1. Pyrrhotite”. Mindat.org. URL besoek op 2009-07-07.
  2. The FeS-ZnS system, a geological thermometer Gunnar Kullerud.