Maksimiliaan I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maksimiliaan I
Aartshertog van Oostenryk
Koning van die Romeine
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk
Keiser Maksimiliaan I geskilder deur Albrecht Dürer
Keiser Maksimiliaan I geskilder deur Albrecht Dürer
Dinastie Habsburg
Bewind 16 Februarie 148612 Januarie 1519 (Koning van die Romeine)
4 Februarie 150812 Januarie 1519 (Heilige Romeinse Keiser)
Kroning 9 April 1486 (Koning van die Romeine)
Gebore (1459-03-22)22 Maart 1459
Wiener Neustadt, Neder-Oostenryk
Gesterf 12 Januarie 1519 (op 59)
Wels, Opper-Oostenryk
Begrafnis Wiener Neustadt
Voorganger Frederik III
Opvolger Karel V
Eggenote Maria, Hertogin van Bourgondië (1477–1482)
Anne, Hertogin van Bretagne (1490–1492)
Bianca Maria Sforza (1494–1510)
Nakomelinge Filips I van Kastilië
Margaret van Oostenryk
Vader Frederik III
Moeder Eleanor van Portugal

Keiser Maksimiliaan I (22 Maart 1459 – 12 Januarie 1519) was Koning van die Romeine (ook bekend as Koning van die Duitsers) vanaf 1486 en Heilige Romeinse Keiser vanaf 1493 tot en met sy dood, alhoewel hy nooit deur die pous gekroon is nie, omdat die reis na Rome altyd te riskant was. Hy was die seun van Frederik III, Heilige Romeinse Keiser, en Eleonora Helena van Portugal. Hy was mederegeerder in die laaste dekade van sy vader se heerskappy, van om en by 1483 tot 1493.

Maksimiliaan het die invloed van die Huis van Habsburg deur oorlog uitgebrei en sy huwelik in 1477 met Maria van Boergondië, die erfgenaam van die Hertogdom Boergondië. Hy moes egter wel die Oostenrykse grondgebiede in hedendaagse Switserland aan die Ou Switserse Eedgenootskap afstaan. Deur sy seun Filips I van Kastilië se huwelik met die uiteindelike koningin Johanna van Kastilië in 1498, het Maksimiliaan tot die totstandbrenging van die Habsburg-koningshuis in Spanje bygedra, wat sy kleinseun Karel in staat sou stel om die trone van Kastilië sowel as Aragon te bestyg.

Sien ook[wysig | wysig bron]